Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
NVG sal ‘afsluiting’ bring ná Life Esidimeni

Die Gautengse regering is vol vertroue dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) geregtigheid en afsluiting sal bring na die families van die Life Esidimeni-slagoffers.

Die NVG het Dinsdag aangekondig dat hy ’n geregtelike doodsondersoek na die tragedie gaan instel.

Die NVG sal die dossier aanlê vir ’n formele geregtelike doodsondersoek nadat ondersoekers nie genoeg getuienis kon inwin om enigeen in verband met die 144 sterfgevalle te vervolg nie.

Thabo Masebe, woordvoerder vir die Gautengse regering, het Woensdag gesê die regering is seker dat die NVG afsluiting sal bring vir die families van die 144 psigiatriese pasiënte wat dood is nadat 1 711 pasiënte met geestesongesteldhede in 2016 van tehuise van Life Esidimeni na blyplekke van nie-regeringsorganisasies geskuif is. Die blyplekke het nie genoeg geld gehad nie en was gebrekkig toegerus.

Die NVG het in April 2017 144 dossiere in verband met die tragedie ontvang.

Die formele en gesamentlike doodsondersoek na al die sterfgevalle gaan in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.

Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke het ’n ondersoek na die saak gelei in 2018 en bevind die regering het nie ingevolge wetgewing opgetree nie en dit het die dood van die 144 pasiënte tot gevolg gehad.

Jack Bloom van die DA sê hy is bekommerd dat die NVG nie genoeg bewyse kon kry om diegene wat verantwoordelik is vir die tragedie, te vervolg nie.

“Ons hoop dat daar in die geregtelike doodsondersoek genoeg gronde na vore kom sodat moord- en strafbare manslag-aanklagte teen amptenare van die departement van gesondheid, asook diegene by die nieregeringsorganisasies, ingedien word.

“Ander aanklagte moet ook oorweeg word, onder meer korrupsie, oortredings van die wet op geestesgesondheid, bedrog, diefstal, asook die uitreik van onwettige lisensies aan nieregeringsorganisasies.”

Meer oor:  Dikgang Moseneke  |  Life Esidimeni  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.