Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
NW-hoës het nie virus ná kontak met siek premier

Vyf LUR’e in Noordwes wat regstreekse kontak gehad het met ’n kollega wat die afgelope week dood is aan Covid-19, is negatief getoets vir die virus.

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes.Foto: Facebook

Gordon Kegakilwe, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Noordwes, is verlede Maandag dood nadat hy Covid-19-verwante longontsteking opgedoen het.

Dr. Job Mokgoro, Noordwes se premier, het ook Covid-19 opgedoen, maar hy is nie ernstig siek nie. Die vyf LUR’e het ook regstreekse kontak met hom gehad.

Noordwes se gesondheidsdepartement sê in ’n mediaverklaring die vyf LUR’e is verlig.

Hulle was in selfisolasie sedert die premier positief getoets is. Hulle is Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid, Boitumelo Moiloa (maatskaplike ontwikkeling), Wendy Matsemela (onderwys), Motlalepula Rosho (finansies) en Desbo Mohono (landbou en landelike ontwikkeling).

Sambatha het gesê dis belangrik om Covid-19 te destigmatiseer en daarom was hy en die ander LUR’e openlik oor hul toetsing en status. Hulle het die media genooi om teenwoordig te wees tydens hul toetsing Saterdag in die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg.

“Dis belangrik dat ons ’n voorbeeld stel en ook wys ons het vertroue in die provinsie se vermoë om Covid-19 te bestuur,” het Sambatha gesê.

Volgens die jongste statistiek wat Saterdagaand bekend gemaak is, is daar nou 9 418 bevestigde Covid-19-gevalle in Noordwes. 2 191 mense het al herstel en 36 is dood.

Meer oor:  Koronavirus  |  Lur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.