Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
O-Kaap teken hoogste Covid-19-sterftesyfer aan

Die Oos-Kaap het Donderdag die meeste sterftes landwyd weens Covid-19 aangeteken, blyk uit die jongste syfers wat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig het.

Daar was landwyd 315 nuwe sterftes, waarvan 121 in die Oos-Kaap, 96 in Gauteng, 55 in KwaZulu-Natal, 34 in die Wes-Kaap en nege in Noordwes was.

Die Oos-Kaap en Gauteng is tans die brandpunte vir die koronavirus in die land. Hulle is gesamentlik verantwoordelik vir 35,6% van alle bevestigde positiewe gevalle in die land.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, in ’n vergadering met Lana Marks, Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika. Foto: Verskaf

In die Oos-Kaap is tot dusver 77 055 mense positief vir die koronavirus getoets, waarvan 63 903 reeds herstel het. Donderdag is 1 183 nuwe gevalle aangekondig. Die provinsie se algehele sterftesyfer staan nou op 1 700.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, het ’n vergadering belê met Lana Marks, Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, om Amerikaanse hulp aan die provinsie te bespreek. Amerika het hom daartoe verbind om hulp aan die provinsiale regering te verleen in sy stryd teen die pandemie.

Amerika se agentskap vir internasionale ontwikkeling (Usaid) het onlangs ventilators geskenk wat reeds in mediese geriewe landwyd gebruik word. Hiervan word 50 in agt hospitale in die Oos-Kaap gebruik, waaronder die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth en die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha.

Amerikaanse agentskappe het ook gehelp deur gesondheidswerkers in die provinsie te ontplooi om met siftingsprosesse te help en 500 gesondheidswerkers opgelei om na pasiënte in veldhospitale om te sien.

Mabuyane het onlangs gewaarsku dat die Oos-Kaap se infeksiekoers oor die komende ses weke gaan verdubbel.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Covid-19  |  Sterftesyfer  |  Hoogste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.