Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
O-Kaap: Virus eis reeds 29 gesondheidswerkers in Julie

Teen Sondag het 29 gesondheidswerkers in Julie aan Covid-19 in die Oos-Kaap gesterf, terwyl 2 044 positief vir die koronavirus getoets is.

Oscar Mabuyane, premier, het Sondagaand op ’n vergadering van die provinsiale Covid-19-bevelsraad sy kommer oor die stygende infeksiekoers onder gesondheidswerkers in die provinsie uitgespreek.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap Foto: Argief

Hy het gesê die provinsie het van die begin van die maand tot 26 Julie 45 116 infeksies en in totaal 72 772 infeksies aangemeld. Oor dieselfde tydperk het die sterftes van 422 tot 1 450 gestyg.

“Ek tref hierdie vergelyking om aan te dui dat die werklikheid van lewensverliese, wat ons gehoop het nie sal gebeur nie, ons nou hard tref.”

Die provinsie se herstelkoers het egter oor dieselfde tydperk van 52% tot 80% gestyg.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het tydens sy besoek aan Port Elizabeth verlede week aangekondig dat alle struikelblokke en burokratiese rompslomp met die aanstelling van gesondheidspersoneel uit die weg geruim sal word, sodat meer personeel so gou as moontlik aangestel kan word.

Mabuyane het Sondagaand gesê die provinsie het meer geld hiervoor beskikbaar gestel, terwyl persoonlike beskermende kleredrag vir dié personeel ook voorkeur geniet.

In vyf van die provinsie se distrikte en die twee metro’s het die provinsiale regering reeds 22 infrastruktuur-opknappingsprojekte by gesondheidsgeriewe voltooi en is daar nou 480 bykomende hospitaalbeddens en 65 hoësorgeenheidbeddens.

Teen Sondag het die private en staatshospitale in die provinsie gesamentlik 1 196 Covid-19-pasiënte in hul sorg gehad.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Eis  |  Gesondheidswerkers  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.