Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OG sal na ooreenkomste oor entstowwe kyk, sê Mabuza

Die ouditeur-generaal sal toegang tot nieopenbaarmakingsooreenkomste kry om te bepaal of die regering waarde vir geld met Covid-19-entstowwe gekry het.

So sê adj.pres. David Mabuza, wat Woensdag in ’n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering ook die versekering gegee het dat die tweede fase van inentings, as alles goed verloop, steeds Maandag sal begin.

Veronica Mente, EFF-LP, wou in ’n stadium weet of die regering nie dalk die pryse van entstowwe en korrupsie wegsteek deur die nieopenbaarmakingsooreenkomste wat met vervaardigers onderteken is nie.

Sy het gevra of Mabuza die versekering kan gee dat die regte prosedures met die aankope gevolg is en dat die regering nie die land se soewereiniteit belemmer het nie.

In reaksie hierop het Mabuza gesê hy is vol vertroue dat daar geen korrupsie was nie. Hy het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad betrokke is om te bepaal of die produkte geskik is.

“Die ooreenkomste dwing partye om nie inligting bekend te maak nie. In die finale ontleding sal die ouditeur-generaal bepaal of daar waarde vir geld was.”

Hy het gesê dat daar in sekere gevalle wel afslag gegee is.

Die ooreenkomste dwing partye om nie inligting bekend te maak nie. In die finale ontleding sal die ouditeur-generaal bepaal of daar waarde vir geld was.

Suid-Afrika het reeds ooreenkomste onderteken vir sowat 31 miljoen dosisse van die entstof van Johnson & Johnson (J&J) en 20 miljoen dosisse van Pfizer-BioNTech.

Die eerste fase van inentings is nog nie afgehandel nie.

Luidens die jongste verklaring deur die departement van gesondheid is daar teen Dinsdag 414 372 mediese werkers as deel van die Sisonke-studie ingeënt.

Daar is na raming 1,2 miljoen gesondheidswerkers en dit blyk dat terwyl die eerste fase nog aan die gang is, die regering met die tweede fase wil begin, waarin diegene ouer as 60 eerste aan die beurt kom.

Volgens Mabuza het die land reeds meer as 600 000 van die dubbeldosis-entstof van Pfizer-BioNTech en vertrou hy dat die J&J-entstof ook gou beskikbaar sal wees.

“Ons sal inhaal met fase 1 en ernstig begin met fase 2 en met spoed beweeg. Die pas van inentings hang af van die beskikbaarheid van entstowwe,” het hy gesê.

Meer oor:  Inentings  |  David Mabuza  |  Ouditeur-Generaal  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.