Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ondanks risiko help tandarts mense met tandpyn

Pynpille kan net tot op ’n punt werk as jy met tandpyn gedurende die inperking sit en daarom is dit vir hom onmoontlik om mense, veral kinders wat pyn het, weg te wys.

So sê ’n plaaslike Bloemfonteinse tandarts, wat nou diegene met knaende pyn gedurende die inperking help. Hy wil nie sy naam genoem hê nie.

Baie tandartse het weens die gesondheidsgevaar besluit om nie te werk nie of selfs net telefonies te konsulteer. Dit is elkeen se eie besluit, sê hy.

“Vir my en my vennoot is dit ’n beginselsaak om eerder veilig te werk te gaan as om te sê ons sluit.”

Toe hy ’n student was, het hulle geleer elke pasiënt wat jy behandel, moet jy hanteer asof hy ’n siekte het wat jou kan aansteek.

“En daarom werk ons altyd 100% steriel.”

Hy vertel hy het Sondag gepraat met ’n vriend in New York wat ’n tandarts nodig gehad het. Die tandartse daar was net bereid om hom telefonies te konsulteer.

Alle roetineafsprake is vir eers uitgestel en die praktyk aanvaar op die oomblik slegs noodpasiënte wat inbel. Hul ontvangsdame vra elke pasiënt om te bevestig dat hulle geen simptome soos lyf- en keelseer het nie en dat hulle nie onlangs in kontak was met iemand by wie Covid-19 gediagnoseer is nie.

Die boor wat sproei veroorsaak, is die hoofrede waarom tandartse eerder nie gedurende die inperking werk nie.

“Maar ons dra bykomende gesigskerms en pas steeds al die nodige higiëne toe.”

Hy vertel hy het Sondag gepraat met ’n vriend in New York wat ’n tandarts nodig gehad het. Die tandartse daar was net bereid om hom telefonies te konsulteer.

“Dit is vir my te erg. Veral as dit ’n kind van vier of vyf jaar oud is wat nie kan slaap nie. Daar is geen medikasie waarvan ek weet wat help vir tandpyn nie. Watter soort mens sê nee?”

Die tandarts sê hulle kon ook nie hul personeellede, wat van die inkomste afhanklik is, in die steek laat nie.

In die geval van tandpyn moet die tand getrek word of die senuwees moet verwyder word.

Die tandarts sê hulle kon ook nie hul personeellede, wat van die inkomste afhanklik is, in die steek laat nie. Meer as die helfte van hul praktyk se personeel het ingestem om in dié tyd te werk.

“Sommige sê dis ’n risiko, maar alles is ’n risiko, want jy kan op pad dokter toe in ’n ongeluk beland.”

Hy sê hy het in ’n stadium gedink dit is die einde van die wêreld weens die paniek wat oor Covid-19 gesaai is.

“Maar die wêreld gaan aan. Of jy ’n tandarts of ’n algemene praktisyn is, jy kan nie nou skielik ophou om mense te help nie.”

Hy sê ouer mense, wat ’n hoër risiko vir die virussiekte loop, kry ook tandpyn en klop aan om hulp.

’n Man het ook al na hom gekom en gesê sy maag brand al van die pynpille wat hy sluk in ’n poging om die seer tand self te dokter.

“Moet ’n mens eers jou maag skade aandoen voordat jy ’n plan maak? En moet ek nou vir so ’n ou nee sê?”

Maar, sê hy, daar is ook ’n anderkant aan hierdie epidemie.

“Ek het nou regtig meer tyd om saam met my gesin te bestee. Hierdie tyd het my laat besef om die klein dinge in die lewe te waardeer. Te stop en te kyk – daar is mense wat hulp nou nodig het, nie later nie.”

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.