Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ondersoek gelas ná dood van 5 babas
’n Ondersoek is gelas nadat vyf babas by ’n hospitaal in Vosloorus aan die Oos-Rand dood is.Foto: News24

’n Ondersoek is gelas na die dood van vyf babas gedurende ’n uitbreking van ’n weerstandige Klebsiella-bakterie by die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus aan die Oos-Rand.

Aanvanklik is twee babas in Julie by die hospitaal se neonatale eenheid dood, maar dié syfer het die afgelope week tot vyf gestyg.

Die infeksiebeheermaatreëls is intussen by die hospitaal verskerp.

“ ’n Ondersoek is gelas deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en die direktoraat vir infeksievoorkoming en -beheer van die Gautengse gesondheidsdepartement. Die doel van die ondersoek is om vas te stel hoeveel mense geraak is en om ’n oudit te doen,” het Nios luidens ’n verklaring gesê.

“Dit is baie ontstellend dat soveel babas aan ’n voorkombare hospitaalverwante infeksie dood is,” het Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, wat onlangs die hospitaal besoek het, gesê.

Volgens Bloom word alle pasgebore babas nou in die sorg van die kraam- en neonatale eenhede van naburige hospitale geplaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.