Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Onthou ek’s baie lief vir jou,’ sê man uit hospitaal voor hy sterf

Toe Barbara Meyer (65) se eggenoot, John (73), twee weke gelede in die hospitaal opgeneem is, was dit die laaste keer dat dié egpaar van Alberton mekaar van aangesig tot aangesig sou sien.

Hy is Saterdagaand dood.

Die aand toe hy opgeneem is het hy nog oor die foon uit die hospitaal gesê: “Bokkie, as ek nie hier uitkom nie, onthou altyd ek is baie lief vir jou,” vertel ’n emosionele Barbara.

Barbara en John Meyer.Foto: Verskaf

Dit was op 25 Junie, die dag toe John gehoor het sy Covid-19-toets is positief. Kort daarna is Barbara ook positief vir die virus getoets, en sy is steeds in self-isolasie.

Barbara het op 22 Junie besluit om haar man hospitaal toe te neem omdat hy gesukkel het met sy asemhaling.

Sy kon hom nie weer sien nie. Die personeel by die hospitaal het haar gereeld op die hoogte gehou van hoe dit met hom gaan. Hy het gesukkel met suurstof en sy bloeddruk was baie hoog.

Saterdagoggend het sy planne gemaak om vir hom te gaan kuier omdat sy toestand verswak het, maar hy is die aand dood voordat sy by hom kon uitkom.

“Ek moes weer vir die koronavirus getoets word en as dit negatief sou wees, kon ek hom dalk sien. Ons huisdokter sou planne maak,” sê Barbara.

Dit sou te lank neem en sy wou dringend vir John sien. Uiteindelik kon sy hom deur sy kamervenster in ’n video-oproep sien.

“ ’n Dokter by die hospitaal het John deur sy venter vir my gewys. Ek kon nie duidelik sien nie, maar ek kon sien sy oë is toe en hy het ’n pyp in sy keel. Minute daarna, om 19:10, is hy dood.”

Die egpaar sou vanjaar op Oujaarsdag hul 26ste huweliksherdenking vier.

’n Vriend het John en Barbara in 1989 aan mekaar voorgestel.

“Toe John die eerste keer vir ’n afspraak by my ma se huis opdaag, het ek en sy albei deur die venster gekyk en gelyk gesê “glad nie sleg nie”, skerts Barbara.

’n Dokter by die hospitaal het John deur sy venter vir my gewys. Ek kon nie duidelik sien nie, maar ek kon sien sy oë is toe en hy het ’n pyp in sy keel. Minute daarna, om 19:10, is hy dood.

Sy sê John, met sy hart van goud, was die liefde van haar lewe.

“My man het my hele hart gevul.”

Sy sê die uitdaging is nou om ’n verassing te reël terwyl sy steeds die virus onder lede het.

“Ek moet agter toe deure die verassing beplan. Dis moeilik. Daar is mense wat nie terugbel nie.”

Bedags hou sy haarself besig met verf of naaldwerk, maar saans voel sy die leegheid. “Dit kry my onder; sy plek is leeg.”

Barbara sê die lewe is kort en daarom moedig sy mense aan om baie foto’s te neem terwyl hulle nog leef.

Sodra daar ’n geskikte tyd is, sal John se as in sy geboortedorp, Mosselbaai, gestrooi word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Barbara Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.