Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ontplooiing geskied wettig

Opposisiepartye is tevrede dat die korrekte prosedure gevolg is met die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag in die land se nege provinsies.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, het getwiet pres. Cyril Ramaphosa het wel die korrekte prosedure gevolg.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê hy het by die presidensie navraag gedoen of die kennisgewing soos vereis deur art. 201 van die Grondwet nagekom is “en dit is bevestig dat hulle dit wel gedoen het”.

Ramaphosa het in ’n brief aan Thandi Modise, die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), aangedui dat die ontplooiing geskied ingevolge art. 201 (2)(a) van die Grondwet en art. 18(1) van die Wet op Verdediging.

Die 2 820 soldate staan die polisie en metropolisie by gedurende die nasionale inperkingstyd van 21 dae waartydens almal – buiten werkers in noodsaaklike dienste – tuis moet bly om die verspreiding van die koronavirus te help voorkom.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  John Steenhuisen  |  Pieter Groenewald  |  Grondwet  |  Covid-19  |  Weermag  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.