Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oos-Kaap verwelkom 20 Kubaanse dokters

Die leër in hul wit jassies van die revolusionêre Kuba, het hul broers en susters in Suid-Afrika kom help tydens die grootste geveg van hul lewens.

Oscar Mabuyane
Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse Premier, het Sondag die dokters van Kuba in die Oos-Kaap verwelkom. Foto: Mandla Nduna

Dit was Sondag die woorde van Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, toe hy altesame 20 dokters van Kuba in dié provinsie verwelkom het.

Die 20 dokters wat in die Oos-Kaap ontplooi is, vorm deel van ’n groter span dokters wat Suid-Afrika aangedoen het om die land te help met sy stryd teen die Covid-19 pandemie.

Mabuyane sê die dokters het kom hand bysit as gevolg van ’n lang geskiedenis tussen tussen Suid-Afrika en Kuba. Dit het nie oornag gebeur nie.

Hy sê die dokters se aankoms in die provinsie kom op ’n tyd waar altesame 1 812 mense positief getoets is vir koronavirus, en 32 mense wat hul stryd verloor het.

“Ons veg in ’n oorlog wat al die relevante soldate nodig het om die onsigbare vyand te kan wen. As almal saamwerk, kan ons die verspreiding van die virus drasties verminder.

“Moenie huiwer om jul kennis en vaardighede oor te dra aan ons plaaslike gesondheidswerkers nie, sodat daardie kennis nog beskikbaar gaan wees lank nadat julle weg is.

“Kuba het hom onderskei as ’n land wat humanitarisme uitoefen. Die gees van Fidel Castro (die voormalige leier van Kuba) leef in julle, en julle word hier verwelkom met ope arms.”

Dié span dokters van Kuba gaan aan die voortou wees van die geveg teen Covid-19 in die Oos-Kaap. Foto: Mandla Nduna

Mabuyane het verwys na die goeie verhouding tussen wyle oudpres. Nelson Mandela en Castro weens Mandela se mening dat Kuba ’n geskiedenis het van onbaatsugtige gedrag.

“Ons het ook hierdie waardes by Kuba aangeleer, wat ons gehelp het tydens ons stryd vir vryheid.

“Kuba het ’n uitstekende rekord wanneer dit kom by die keer van dodelike virusse, nes hulle dit gedoen het met die apartheidvirus. Ek weet ons kan op julle staatmaak om die koronavirus te beveg.”

Die 20 dokters van Kuba gaan saam met honderde ander gesondheidswerkers in die Oos-Kaap die stryd teen Covid-19 aanpak, en veral in die sogenaamde brandpunte.

Mabuyane het ’n versoek gerig aan alle dokters in Suid-Afrika om te help veg teen Covid-19, selfs diegene wat onlangs gegradueer het.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Kuba  |  Oos-Kaap  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.