Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Operasies gee 11 kinders rede om te glimlag
06 September 2018

Die Smile-stigting het 11 kinders dié week met operasies rede gegee om te glimlag.

Die stigting, in samewerking met die maatskappy LG, het van 3 tot 5 September sy eerste Glimlagweek in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gehad.

Die stigting help kinders oor die land heen wat ly aan behandelbare gesigsversteurings – soos ’n gesplete lip en verhemelte, brandwonde, Moebius-sindroom (gesigsverlamming) en ander toestande – en ’n behoefte het aan rekonstruktiewe chirurgie.

CY (Chiyool) Kim, bestuurshoof van LG Suid-Afrika, by Gift (7) en Harry Mogabi van Mamelodi in Pretoria. Gift het chirurgie aan sy keel en gesplete verhemelte in die Steve Biko Akademiese Hospitaal ondergaan danksy die Smile-stigting, wat dit moontlik gemaak het.Foto: Ischke de Jager

Die Steve Biko-hospitaal doen meer as om net die lewensveranderende operasies te fasiliteer wat die vermoë het om die jong kinders se lewe en dié van hul gesinne en versorgers te verander.

Die hospitaal, saam met die Universiteit van Pretoria, het ’n vaardigheidsprogram aan die registrateurs en opkomende konsultante gefasiliteer.

Deur dit te doen, kon die eerste Glimlagweek meer kinders van Pretoria en die omliggende omgewing help en die oordrag en ontwikkeling van spesialisvaardighede verseker.

“Ons belê in die mediese spanne waarmee ons werk deur middel van ’n akademiese vaardigheidsprogram, en ons help die hospitale deur toerusting te koop vir die afdelings vir plastiese en rekonstruktiewe chirurgie,” sê Hedley Lewis, uitvoerende hoof van die Smile-stigting.

Die Smile-stigting is tans in 11 akademiese hospitale in Suid-Afrika gevestig.

Prof. Arthur Rantloane van die Universiteit van Pretoria, dr. Mathabo Mathebula van die Steve Biko-hospitaal, Hedley Lewis van die Smile-stigting en CY (Chiyool) Kim van LG Suid-Afrika.Foto: Ischke de Jager

Die sewejarige Gift Mogabi van Mamelodi het chirurgie aan sy keel en gesplete verhemelte ondergaan.

Hy en sy pa, Harry, sê hulle is dankbaar vir die geleentheid wat die Smile-stigting hom gegee het.

Antonio dos Santos, verkoopsdirekteur van LG Suid-Afrika, sê: “By LG voel ons dat dit ons plig is om betekenisvolle verandering te bring in die lewe van ons verbruikers en die gemeenskappe waarin ons werk. Ons bly verbind tot die bou van ’n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners. Ons het ’n vennootskap met die stigting aangegaan om ons rol te speel om nog kinders glimlagte te gee.”

Hy sê dit was ’n hartverblydende ervaring om glimlagte op die gesigte van kinders te sien wat nie te lank gelede nie kon glimlag nie.

Dr. Mathabo Mathebula, hoof van die hospitaal, sê Glimlagweek is ’n groot mylpaal wat die hospitaal hoop om vol te hou.

“Die kwesbaarste kinders, wat direkte begunstigdes is van hierdie bekostigbare dienste van die hoogste standaard, sal beslis voordeel trek uit hierdie program. As opleidingsplatform is die program op ’n groot manier voordelig vir leerlinge,” sê Mathebula.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.