Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oud-Bok Danie Gerber positief getoets vir korona

Die legendariese oud-Springbok-rugbyspeler Danie Gerber (61) het positief getoets vir die korona-virus. 

Sy dogter Elanie Gerber het Vrydagaand bevestig haar pa is by sy huis in Port Elizabth in isolasie. 

Volgens haar het hy Dinsdagoggend begin kla oor 'n seer lyf en Woensdag het hy begin koorsig voel. 

“Teen Donderdagoggend het hy geweet iets is nie reg nie. 

"Sy kop was seer, sy lyf was seer en hy het koors gehad en hy en my ma het besluit om dokter toe te gaan,” sê Elanie wat in Kaapstad woon, maar besluit het om die drie weke van inperking by haar ouers in die Baai deur te bring. 

Sy kop was seer, sy lyf was seer en hy het koors gehad en hy en my ma het besluit om dokter toe te gaan.

Die gesin het Vrydag rondom middagete die oproep ontvang dat hy positief is en Elanie en haar ma, Elsabe, is daarna ook getoets vir die virus.

“My pa is nie kritiek of in die hospitaal nie. Hy wil graag 'n positiewe boodskap uitstuur en wil hê almal moet weet hulle moet in hul huis bly en hul hande was en gehoor gee aan wat nou van ons gevra word. Dit kan met enigiemand gebeur.”

Sy sê dit gaan reeds beter met haar pa, maar hulle is steeds baie besorg omdat hy 'n paar jaar gelede 'n driedubbele hartomleiding gehad het. 

Dit is onbekend waar hy die virus kon opgedoen het, maar volgens Elanie het hy onlangs binnelands gevlieg. 

Gerber, alom bekend as die Doring van Despatch, het van 1980 tot 1992 vir die Springbokke uitgedraf.

danie gerber
Danie Gerber op die kruin van sy rugbyloopbaan. Foto: Getty Images

Meer oor:  Koronavirus  |  Danie Gerber  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.