Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oud-bok Danie Gerber se vrou ‘sukkel met koors’
Danré, Elsabé, Danie, Elanie en Julie Gerber.Foto: Verskaf

Elsabé Gerber (59), vrou van die oud-Springbok Danie Gerber (61), het ook nou die koronavirussiekte Covid-19.

Hul dogter, Elanie (36), wat die siekte onder lede het, het dit Dinsdagaand bevestig en gesê hulle vermoed Elsabé het by haar en haar pa aangesteek.

“Ons dink ek en sy het in dieselfde tyd die virus gekry, maar dit het net vir haar langer gevat om simptome te wys. Sy is asmaties en hoes baie. Sy sukkel met koors,” sê Elanie.

Nadat Elsabé positief getoets is, is hulle drie weer bymekaar in hul huis in Port Elizabeth.

Die gesin het verlede week die tyding oor Danie en Elanie se status gekry. Elsabé is ook vir die virus getoets, maar haar uitslae was negatief. Om veilig te wees het sy in ’n vriendin se huis, net om die hoek, gaan bly om te keer dat sy die virus kry.

Maar oor die naweek het sy meer simptome van Covid-19 begin ervaar en sy is weer getoets. Die gesin het Dinsdag die tyding per telefoon gekry.

“Ek het met my ma gepraat oor die telefoon en toe ek neersit, loop ek kombuis toe. Die nuus was nog baie vars. Die volgende oomblik kom my pa by die vertrek in en sê ‘ek hoor op die radio jou ma is positief’,” sê Elanie.

“Die nuus versprei so vrek vinnig. ’n Mens kan eintlik nie glo hoe dit gebeur nie.”

Ons dink ek en sy het in dieselfde tyd die virus gekry, maar dit het net vir haar langer gevat om simptome te wys. Sy is asmaties en hoes baie. Sy sukkel met koors.

Sy sê dit gaan op die oomblik goed met Danie, behalwe dat hy bekommerd is oor sy vrou. Hy is nog moeg, maar sy ander simptome het verbeter. Elanie, wat aan hemochromatose ly, sê in die eerste week nadat sy gehoor het sy het die siekte, kon sy dit goed hanteer.

“Maar die tweede week is beslis nou vir my erger,” sê sy. Haar neus is toe, sy het hoofpyn en is naar. “My ma het baie dieselfde simptome as ek.”

Elanie sê haar pa vier volgende week sy verjaardag. “Gelukkig kan ons drie bymekaar wees vir sy spesiale dag. Ons hoop teen daardie tyd lyk dinge beter.”

Sy sê hulle probeer positief bly en bid dat hulle almal gesond sal word. “Ons almal, die hele wêreld, het vrees en kan ’n bietjie in paniek verval oor wat aangaan, maar ons moenie in vrees leef nie.”

Sy sê sy dink aan almal wat ook die virussiekte het en aan al die gesondheidswerkers wat uiters hard werk om mense te genees.


Meer oor:  Koronavirus  |  Danie Gerber  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.