Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oud-Bok Geldenhuys getoets ná lyf ‘lam voel’
Van links was Colin Beck, Burger Geldenhuys, Divan Serfontein, Gysie Pienaar en Danie Gerber almal laas naweek saam by die Legends-gholftoernooi wat in Jan Kempdorp gehou is. Foto: Charné Kemp

Die oud-Bokflank Burger Geldenhuys het homself Saterdagaand laat toets vir die koronavirus nadat hy erge lyfseer ontwikkel het.

Dit volg nadat verskeie lede van 1981 se Springboktoergroep na Nieu-Seeland verlede naweek in Jan Kempdorp bymekaar gekom het vir ’n reünie en die Legends-gholftoernooi. Gysie Pienaar, Robbie Blair en Divan Serfontein was onder andere deel van die groep.

Danie Gerber, wat ook daar was, het Vrydagaand bevestig hy het positief vir die virus getoets.

Sy dogter, Elanie, wat hom versorg het toe hy Dinsdag begin olik voel, het ook positief getoets.

Geldenhuys het Sondag aan Netwerk24 gesê sy lyf het Donderdag begin lam voel, maar hy het nog geen ander simptome nie.

My gesin is hier in die huis rond, maar hulle kom nie naby my nie.

Geldenhuys het veiligheidshalwe besluit om hom Saterdag te laat toets.

“As daar nie sprake was van die koronavirus nie, het ek sommer net die lammigheid afgeslaap en soos normaal aangegaan.

“Nou moet ’n mens maar ekstra versigtig wees,” sê Geldenhuys wat homself by sy huis in Kroonstad in self-isolasie geplaas het.

“My gesin is hier in die huis rond, maar hulle kom nie naby my nie.”

Hy sê totdat hulle nie die toetsuitslae het nie, moet hulle baie versigtig optree.

Ander lede van die toergroep wat by die reünie was, sê hulle voel nog almal perdfris en gesond.

Gysie voel weer reg

Gysie Pienaar het Sondag gesê hy voel heeltemal reg.

“Ek is gesond en ons bly maar hier in ons huis. As almal die reëls nakom, sal ons hierdeur ook kom.”

Intussen is die Vaalharts-besproeiingskema, wat Jan Kempdorp, Hartswater, Ganspan, Magogong en Warrenton insluit, bekommerd omdat ’n groot deel van die manlike inwoners saam met die oud-Bokke gholf gespeel en gekuier het.

Hotel ontruim

Bennie Liebenberg, mede-eienaar van die Border-hotel op Jan Kempdorp waar die oud-Bokke tuisgegaan het, het reeds Saterdag aan Netwerk24 bevestig dat hulle Dinsdag die hotel ontruim en gesluit het.

“Ek het daagliks kontak met al my personeel en hulle is nog almal gesond.”

Past. Henk Kruger en sy vrou, Berna, die eerste Noord-Kapenaars wat positief vir die virus getoets het, was op 14 Maart by ’n troue in dié hotel.

Die twee het voor die troue op 10 en 11 Maart

ontbytsessies wat by die Divine Restoration Ministries-sentrum in Bloemfontein aangebied is, bygewoon.

Vyf buitelandse sprekers by dié geleentheid het almal positief vir die virus getoets.

Meer oor:  Jan Kempdorp  |  Burger Geldenhuys  |  Danie Gerber  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.