Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oudtshoorn se sanitasietariewe ‘nie onwettig’

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê die vasstelling van sanitasietariewe vir die 2018-’19-boekjaar is geensins onwettig of ongrondwetlik nie.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het gereageer op ’n klagte van AfriForum dat dié berekening strydig is met art. 74(2)(b) van die Munisipale Stelselswet (Wet 32 van 2000) wat bepaal dat die bedrag wat die individuele gebruikers van munisipale dienste moet betaal, bepaal moet word aan die hand van die gebruik van sulke dienste.

AfriForum het onder meer gesê die aantal toilette wat ’n huishouding het, hou nie verband met die hoeveelheid riool wat op die perseel gegenereer word nie.

Die sanitasietariewe wat deur Oudtshoorn se stadsraad goedgekeur is vir residensiële en groepbehuising per toilet of urinaal per jaar, is R1 539,38 (BTW ingesluit) of R1 338,59 (sonder BTW).

Volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit het ’n opname oor sanitasietariewe getoon 72,36% van eiendomme in Oudtshoorn het slegs een toilet, en slegs 2,9% het tussen vier en sewe toilette. Altesaam 15,09% van eiendomme het twee toilette en 8,87% het drie toilette.

Die studie het verder aangedui dat indien ’n eenvormige tarief per eiendom toegepas word, ’n verhoging van 47,3% altesaam 72,36% van die eiendomme in die gesig staar, 15,1% ongeveer in dieselfde posisie sal wees, 8,77% van residensiële eiendomme met drie toilette ’n groot verlaging in aanslag sou kry, en slegs 2,9% van residensiële eiendomme wesenlik sou baat vind by ’n eenvormige enkeltarief per eiendom.

Die munisipaliteit het ook gaan kers opsteek by 14 ander Wes-Kaapse munisipaliteite en bevind dat die meeste sanitasietariewe op ’n vaste tariefgrondslag toepas.

Daar is besluit om nie die grootste gedeelte van die belastingbasis bloot te stel aan astronomiese verhogings, ten einde ’n geringe persentasie (2,9%) te bevoordeel nie.

Volgens die munisipaliteit het hy binne die bestaande wetlike raamwerk en in die beste belang van die gemeenskappe van Oudtshoorn opgetree met die vasstelling van die sanitasietariewe en dat dit geensins onwettig of ongrondwetlik is nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.