Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pandemie: SA syfers lyk taamlik goed teen ander lande
’n Laboratoriumwerker hou monsters van ’n Covid-19-toets vas. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se koronavirussyfers, en veral sy Covid-19-sterftesyfers per 100 000 van die bevolking, vergelyk betreklik goed met dié van ander lande.

Op 566 109 het die land tans die vyfde meeste bevestigde gevalle van die koronavirus ter wêreld. Dit kom neer op 954 per 100 000 van die bevolking.

Dit is die tiende hoogste ter wêreld.

Die VSA loop voor met 1 553 gevalle per 100 000 en Peru volg met 1 485 per 100 000.

Brasilië is vierde met 1 462 per 100 000 en Israel agtste met 1 004 per 100 000.

Die ander lande onder die toptien het meestal bevolkings van minder as 1 miljoen mense.

Dié syfers is uitgewerk op grond van die Verenigde Nasies se geskatte bevolkings vir meer as 200 lande in 2020 en inligting van die Europese sentrum vir siektevoorkoming en -beheer (CDC).

Die 10 751 Covid-19-sterftes in Suid-Afrika teen Dinsdag kom neer op 18,1 sterftes per 100 000 van die bevolking.

Dit is die 32ste hoogste syfer ter wêreld, terwyl België en Brittanje voorloop onder die lande met ’n bevolking groter as 1 miljoen, met onderskeidelik 85,3 en 68,5 per 100 000.

Peru is derde, gevolg deur Hongarye, Spanje, Italië, Swede en Chili.

Amerika het die negende hoogste sterftesyfer onder lande met ’n bevolking groter as 1 miljoen op 49,7 sterftes per 100 000, gevolg deur Brasilië (48,4), Frankryk (46,5) en Mexiko (41,8).

Intussen beleef sommige Europese lande weer ’n styging in koronavirusgevalle.

In Duitsland het nuwe besmettings die hoogste vlak in drie maande bereik te midde van die heropening van skole in die grootste deelstate.

Woensdag is 1 226 nuwe besmettings aangemeld, die meeste sedert Mei, berig ABC News.

Die Duitse minister van gesondheid sê kleiner uitbrekings het in byna alle streke plaasgevind, grootliks as gevolg van reisigers wat terugkeer van die buiteland af en mense wat saam kuier.

In Frankryk is byna 5 000 nuwe besmettings van Saterdag tot Maandag aangemeld, berig France 24.

Die sewe-dae-gemiddelde van nuwe besmettings het gestyg van 1 056 op 31 Julie tot 1 640 Maandag, terwyl dit op 27 Mei ’n laagtepunt van 272 bereik het nadat inperkings verslap is. Dinsdag is nog 1 397 nuwe gevalle binne 24 uur aangemeld.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.