Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pasiënt se dood ‘nie weens staking’

Stakers kan nie geblameer word vir die dood van ’n pasiënt Sondag in die San Michele-tehuis in Brakpan, Gauteng, nie.

So sê Marius Bosman, bestuurder van dié tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte.

’n Staking deur werknemers is opgeskort nadat ’n 56-jarige vrou Sondag hier dood is.

Stakers Vrydag voor die San Michele-tehuis in Brakpan, Gauteng. Foto: Verskaf

“Sy was verstandelik erg gestremd en op die oomblik wil ons nie te vinnig reageer en afleidings maak dat haar dood enigsins aan die staking gekoppel kan word nie,” het Bosman Maandag gesê.

Bosman sê ’n mediese verslag behoort uitsluitsel te gee oor wat die oorsaak van haar dood was.

’n Groep stakers, wat ’n 6%-verhoging en bonusse eis, het Vrydag voor die tehuis betoog. “Met 94% van die werknemers wat deel van die staking was, het dienste by die tehuis erg in gedrang gekom.

“Ons voorsien normaalweg 24-uur-diens, maar met slegs ses werknemers om te help met die versorging van al ons pasiënte, het dit beslis moeilik gegaan. Veral oor die naweek.”

Volgens Bosman was die stakers aggressief en diegene wat nie wou deelneem nie, is geïntimideer. “Die ses werkers wat hier was, moes noodgedwonge oorslaap.

“Ons is veral dankbaar vir organisasies soos Helpende Hand en vrywilligers wat ons gedurende die tydperk ondersteun en ingespring het om te help,” sê Bosman.

Lesemang Matuka, woordvoerder vir die Gautengse departement van gesondheid, sê hulle is bewus van die pasiënt wat aan “natuurlike oorsake” dood is.

Matuka sê die saak word ondersoek.

Meer oor:  Brakpan  |  Gauteng  |  Sterfgeval  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.