Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pasiënt sonder ID kos hospitaal al R4 m.

’n Pasiënt wat al vier jaar in die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein behandel word, kos die staat reeds sowat R4 miljoen omdat hy nie ’n identiteitsdokument besit nie.

Sabata Adams, soos die personeel by die hospitaal hom gedoop het, is op 15 Desember 2015 deur nooddienste na die hospitaal gebring nadat hy langs die pad aangetref is.

Hy het geen identiteitsdokument of kontakbesonderhede van naasbestaandes by hom gehad nie.

Sy been is dieselfde aand geamputeer.

Hoewel Adams sy naam (Sabata) kon onthou, kon hy nie sy van aan die personeel verskaf nie.

Al wat hy kon onthou, is dat hy voorheen by sy ouma in Botshabelo, 45 km vanaf Bloemfontein, gewoon het.

Die hospitaal het vingerafdrukke geneem en aan die departement van binnelandse sake gestuur om sy identiteit te probeer bevestig, maar geen rekord van sy bestaan kon opgespoor word nie.

Adams is sedert die operasie ’n parapleeg.

Hy kan wel al self omdraai en word vir bedsere behandel.

Fisiek is daar regtig niks fout met hom nie, maar ons kan nie iemand ontslaan wat nêrens het om heen te gaan nie.

“Fisiek is daar regtig niks fout met hom nie, maar ons kan nie iemand ontslaan wat nêrens het om heen te gaan nie,” sê dr. Anri Gerber.

“Ons is wel bekommerd oor sy emosionele welstand. Dit is vir geen mens goed om dag in en dag uit in dieselfde bed te lê nie.”

’n Ander pasiënt het Adams al herken, maar het ook nie sy van geken nie.

Die pasiënt kon wel Adams se suster, Xoliswa, identifiseer en daar is toe met haar kontak gemaak.

Toe sy egter uitvind van haar broer se toestand en dat hy verlam is, het sy gesê sy sien nie kans om hom te versorg nie.

“Ons het aan haar verduidelik dat ons net bewys van sy ouers se identiteit en afsterwe nodig het sodat ons hom by die departement van binnelandse sake kan registreer, maar sy ignoreer ons oproepe en boodskappe,” sê Phindiwe Mokjoke, ’n maatskaplike werker by die hospitaal.

Mokjoke het in Oktober vanjaar Adams se saak aan binnelandse sake verduidelik en gevra of daar ’n spesiale vergunning gemaak kan word in sy uitsonderlike geval.

“Sonder ’n identiteit kan ons Adams nie registreer vir ’n ongeskiktheidstoelaag of hom na ’n sorgsentrum toe oorplaas nie,” sê Mokjoke.

Sy het sedert haar aansoek nog niks van binnelandse sake gehoor nie.

Die koste om Adams te versorg beloop al nagenoeg R4 miljoen, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, bevestig.

Sy hospitalisering kos sowat R3 000 per dag.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Identiteit  |  Hospitaal  |  Mediese Sorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.