Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pasiënte knou dokters fisiek én verbaal af
Foto: Reuters

Tot ’n derde van Suid-Afrikaanse dokters is fisiek en verbaal mishandel sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie.

Dit is van die bevindings van ’n studie wat die Mediese Beskermingsvereniging (MPS) gedoen het. Sowat 32 000 gesondheidswerkers, waaronder dokters, behoort aan dié organisasie.

Dr. Angelique Coetzee van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) sê dit is nie vir hulle nuus nie.

“Die mishandeling van dokters was al voor Covid-19 ’n groot probleem en die virus het dit net kom vererger. Dit is veral ’n probleem by die ongevalleafdelings van hospitale.”

Coetzee sê pasiënte en hul families het dikwels nie respek vir dokters en mediese personeel nie. “Elkeen dink hy is die siekste en is geregtig daarop om eerste hulp te kry. En dan moet dit ook nog gebeur op hul voorwaardes en vereistes.”

Mike Bridge van die MPS het Vrydag aan Rapport gesê die studie het getoon dokters loop veral deur wanneer hulle pasiënte of families vra om maskers te dra en om die nodige afstand te handhaaf. “Talle van die dokters (wat almal anoniem deelgeneem het aan die studie) sê ook pasiënte kla by hulle dat hulle moeg is daarvoor om die Covid-19-reëls te gehoorsaam en dit nie meer wil doen nie.”

Dr. Cloete van Vuuren, hoof van interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, sê hy is nog nie geteister nie en sover hy weet het sy kollegas ook nog nie deurgeloop nie.

“Maar wat ek kan sê, is dat mense geweldig bang en angstig is wanneer hulle hospitaal toe kom.”

Hy sê daardie geweldige vrees lei tot emosionele reaksies en hy vermoed dis waar probleme ontstaan.

Van Vuuren sê gereeld vir die dokters wat saam met hom werk hulle moet daarop fokus om vir Covid-19-pasiënte hoop te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.