Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Plet ontsmet openbare plekke teen koronavirus

’n Projek op Plettenbergbaai om openbare plekke in die dorp te ontsmet, het Maandagoggend om 06:00 begin.

Die projek is aanvanklik uitgestel, maar is later deur Peter Lobese, Bitou se burgemeester, goedgekeur ná konsultasie met plaaslike dokters, veeartse en omgewingskundiges.

Die polisiestasie in Kwanokuthula in Plettenbergbaai word Maandag ontsmet. Foto: Plettenbergbaai-toerisme

Volgens inligting van Plettenbergbaai-toerisme het Lobese die ontsmetting van hoërisikogebiede en naburige townships goedgekeur.

Die Bitou-munisipaliteit het Maandag op sy Facebook-blad gesê vier gevalle van die virussiekte Covid-19 is in die munisipale gebied aangemeld. Die betrokke mense is tans in kwarantyn.

Die ontsmetting word gedoen om gebiede te beskerm teen die moontlike voorkoms van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Die ontsmetting is ’n voorstel van Marius Venter, uitvoerende hoof van Plettenbergbaai-toerisme. Die voorstel is op ’n vergadering van die Bitou Covid-19-taakspan ter tafel gelê as ’n voorgestelde maatreël om die gevaar van die virus te bekamp.

Ontsmetting word Maandag by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasie in Plettenbergbaai gedoen. Foto: Plettenbergbaai-toerisme

Patty Butterworth, woordvoerder van Plettenbergbaai-toerisme, sê by navraag die projek het goed verloop. “Mense vra nou dat dit gedoen moet word.”

’n Middel genaamd F10 SC Disinfectant van die maatskappy Health and Hygiene (Edms.) Bpk. in Suid-Afrika is vir die ontsmetting gebruik. Die middel word breedvoerig gebruik onder meer vir algemene ontsmettingsdoeleindes in veeartspraktyke, die sterilisasie van chirurgiese toerusting en die behandeling van wonde.

Die hoofstrandgebied in Plettenbergbaai word Maandag ontsmet. Foto: Plettenbergbaai-toerisme

Plekke wat ontsmet is, sluit in Market Square, Hoofstraat, die hoofstrandgebied, asook toilette en plankwandelpaaie hier, die parkeerterrein en omliggende gebied by die Robberg Kwikspar, die Kwanokuthula-taxistaanplek en taxi’s, die Kwanokuthula-kliniek, die kantoor van die departement van buitelandse sake, die polisiekantoor, New Horizons, Bossiesgif, Qolweni, die nywerheidsgebied, Wittedrift en die Green Valley-kliniek, die Crags-taxistaanplek, asook die gemeenskapsaal.

Groot dele van Plettenbergbaai word Maandag ontsmet. Foto: Plettenbergbaai-toerisme

* Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het Sondagaand in ’n verklaring bekend gemaak dat daar nou 310 gevalle van die virussiekte in die Wes-Kaap is.

Meer oor:  Peter Lobese  |  Plettenbergbaai  |  Ontsmet  |  Koronavirus  |  Projek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.