Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Pornografie sneller brein nes met dwelm-verslawing

Om pornografie te kyk, sneller aktiwiteite in die brein van mense wat aan “seks verslaaf is” op dieselfde manier wat die brein in dwelmverslawing geaktiveer word.

Navorsing beskryf “seksverslawing” nie as ’n verslawing nie, maar as ’n soort obsessiewe kompulsiewe stoornis.

Volgens kenners aan die Universiteit van Cambridge, wat dié ontdekking gemaak het, beteken dit nie pornografie self is noodwendig verslawend nie. Dit het net betrekking op mense met obsessiewe kompulsiewe gedrag en gedagtes oor seks.

Die toestand is ook nog nie formeel omskryf nie en moet onder meer met kognitiewe gedragsielkunde behandel word.

Die kenners kon, volgens navorsing in Plos One, drie dele in die brein identifiseer van mense wat aansienlike probleme het om hul seksuele behoeftes te beheer. Die jonger pasiënte het ook aansienlik meer kompulsiewe gedrag getoon as dié wat ouer was.

Volgens Psych Central is van die simptome om:

* Gereeld meer seks en met meer seksmaats omgang te hê as wat jy voorgeneem het;

* Aanhoudend lus te wees vir seks en te probeer om op te hou of om dit te beperk;

* Aan seks te dink ten koste van ander aktiwiteite of om aanhoudend besig te wees met oordrewe seksuele praktyke, ten spyte van ’n behoefte om te stop;

* Aansienlik baie tyd aan seksverwante aktiwiteite te bestee soos om seksmaats te soek, na pornografie te kyk en op aanlyn geselskamers te wees;

* Jou werk, familie, skool en dies meer af te skeep op soek na seks. Verhoudings lei daaronder en daar is selfs gesondheidsgevare;

* Mense te betaal vir seks, en

* Al meer seks te hê om dieselfde effek te kry.

Meer oor:  Gesondheid  |  Seks  |  Navorsing  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.