Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Potchefstroom se 1ste korona-geval amptelik bevestig

Die twee nuwe gevalle van Covid-19 in Noordwes is onderskeidelik in Rustenburg en Potchefstroom.

Die provinsie het nou agt bevestigde gevalle.

Volgens Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsie se gesondheidsdepartement, is die geval in Potchefstroom ’n Franse atleet wat onlangs na die stad gekom het om daar toe oefen. Hy het geen simptome gehad nie en is kort ná die diagnose terug na Frankryk, nog voordat die nasionale staat van inperking ingetree het.

Van die ander ses gevalle in Noordwes is vier in Rustenburg, een in Bloemhof en een in Mahikeng. Lekgethwane sê nie een van die mense se toestand is ernstig nie. Almal behalwe een is tuis in selfisolasie.

“Een van die Rustenburg-gevalle wat in selfisolasie was, het die reëls verbreek en na Mahikeng gereis. Die departement was gevolglik verplig om hom onder gedwonge kwarantyn in ’n staatsinstelling te plaas.”

alexandra, koronavirus
Foto ter illustraise deur Reuters

Lekgethwane sê die meeste positiewe gevalle in Noordwes was in kontak met besmette mense in Gauteng.

Die eienaar van die gastehuis in Potchefstroom waar die Franse atleet tuisgegaan het, het vroeër gesê die man “was verbysterd” toe hy positief toets.

“Hy het geen simptome gehad nie en net heeltyd gesê dis onmoontlik.”

Die eienaar van die gastehuis wil nie geïdentifiseer word nie.

Volgens hom het die Franse atleet se vlug op 15 Maart in Suid-Afrika geland en het hy dieselfde dag by die gastehuis ingeboek. Baie oorsese atlete oefen in Potchefstroom weens die ligging (hoogte bo seespieël) en die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitstekende sportgeriewe. Die universiteit se beleid te midde van die Covid-19-pandemie is egter om alle personeel of besoekers wat van die buiteland na Potchefstroom gereis het, te laat toets vir die virus voordat hulle op universiteitsgronde toegelaat word, sê Louis Jacobs, NWU-woordvoerder.

Die Franse atleet is daarom op 18 Maart vir die virus getoets en die uitslag het op 21 Maart as positief teruggekom.

“Ek, my vrou en vier ander atlete wat ook in die gastehuis was, het ons dadelik onder selfkwarantyn geplaas,” sê die eienaar van die gastehuis.

“Twee van die ander atlete van onderskeidelik Algerië en Frankryk, se toetsuitslag was negatief. Ek weet nie of die twee ander atlete uit Oekraïne hulle laat toets het nie. Die atlete het my op 23 Maart ingelig hul onderskeie ambassades het gereël dat hulle dadelik na hul lande teruggaan. Hulle is die volgende oggend weg.”

Die eienaar en sy vrou het sedertdien nog glad nie hul gastehuis, wat nou ook gesluit is, verlaat nie.

“Ons het darem genoeg kos hier en sal nie voor 16 April wanneer die inperking eindig, hoef uit te gaan nie.”

Meer oor:  Potchefstroom  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.