Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Prasa gereed om passasiers te vervoer

Hy is tevrede dat Prasa gereed is om Woensdag weer passasiers op treine te vervoer, maar hy besef groot uitdagings lê voor om passasiers se veiligheid te verseker, sê Fikile Mbalula, minister van vervoer.

Hy het Dinsdag ná ’n besoek aan treinstasies in Pretoria op ’n nuuskonferensie gesê hy het selfs op ’n trein gaan ry om Prasa se regulasies eerstehands te ervaar.

Mbalula het ook Prasa se Wolmerton-depot, die Pienaarspoort-treinstasie en die Pretoria-treinstasie besoek om te sien hoe gereed dié plekke is.

“Wat ek gesien het, is indrukwekkend. Prasa het goeie werk gedoen om treine gereed te kry om diens te hervat. Hulle het ook goed gevaar om die nodige regulasies toe te pas,” sê Mbalula.

Hy sê die probleem kom egter in om die voorgeskrewe regulasies op passasiers af te dwing.

“Die uitdaging begin Woensdagoggend wanneer duisende pendelaars by die stasie aankom. Gesonde sosiale afstande moet afgedwing word. Elke passasier se hande moet ontsmet word en elke passasier moet ’n masker dra. Geen passasier sal toegelaat word sonder ’n masker nie,” sê Mbalula.

Hy sê as passasiers nie gehoor gee aan die regulasies nie, sal treindienste onmiddellik gestaak word. “Ons is nie bang om dit te doen nie,” sê Mbalula.

Treine sal ook nie tot vol gelaai word nie.

“Daar sal net meer as 500 passasiers ’n slag op die trein kan wees. Dit is 15% van ’n trein se kapasiteit. Dit word gedoen om te verseker dat gesonde afstande gehandhaaf word tydens die rit,” sê Bongisizwe Mpondo, Prasa-administrateur.

Hy sê passasiers sal nie reg langs mekaar kan sit op treine nie.

Mpondo sê wanneer pendelaars by treinstasies aankom, sal hulle vir simptome ondersoek word en hul temperature sal ook geneem word, voordat hulle op die trein klim.

“Passasiers wat simptome van die virus het, sal in isolasie geplaas word by die stasie. Die owerhede sal dan gekontak word,” sê Mpondo.

Volgens hom sal treinstasies en treine deurlopend ontsmet word. “Ná elke rit sal die treine ontsmet word,” sê hy.

Dit is ook nie al die treinstasies en -roetes wat môre hervat nie. “Net vier roetes sal beskikbaar wees,” sê Mpondo.

Die roetes wat oopgestel word, sluit in:

• Pretoria-Pienaarspoort;

• Die suidelike roete van Kaapstad;

• Port Elizabeth na Uitenhage; en

• Oos-Londen na Berlin.

Mpondo sê nog roetes sal mettertyd oopgemaak word. “Ons wil eers die beskikbare roetes goed op dreef kry.”

Nóg iets wat Prasa in die tyd van inperking pootjie, is die vandalisme en diefstal van infrastruktuur.

Mbalula het oortreders gewaarsku dat hulle “nooit hierdie oorlog kan wen nie”.

Meer oor:  Prasa  |  Pretoria  |  Passasiers  |  Treinstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.