Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Premier bekommerd oor oorbevolking by hospitaal
David Makhura, premier van Gauteng,en dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR vir gesondheid, stap deur die gange van die Steve Biko Akademiese Hospitaal. Foto: Simvuyele Mageza

David Makhura, premier van Gauteng, het Donderdag gesê hy is baie bekommerd oor die oorbevolking in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in die Pretoriase Moot.

Makhura, Jacob Mamabolo, LUR vir infrastruktuurontwikkeling, en dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR vir gesondheid, het Donderdagoggend ’n verrassingsbesoek by die hospitaal afgelê nadat daar berigte was dat net een hyser in die hele gebou in ’n werkende toestand is.

Hulle het deur die sale gestap en met pasiënte oor die behandeling wat hulle daar kry, gesels. Hulle het ook onderhoude met die spesialiste en werkers gevoer om hul klagtes te hoor. Die grootste probleem het wel geblyk die stukkende hysers te wees.

“Die oorspronklike vervaardigers van die hysers is op die toneel en sowat nege uit die 28 hysers werk nou. Hulle hou aan om hieraan te werk,” het Makhura bevestig.

Hy sê ’n eksterne maatskappy is vir die hospitaal se instandhouding aangestel, maar dié kontrakte is beëindig en die oorspronklike vervaardigers is weer aangestel.

Hy het gesê hy is erg bekommerd oor die oorbevolking in die hospitaal.

Hierop het Ramokgopa gesê daar is reeds planne om ander hospitale te vergroot om dit beter te maak.

“Werk om die hospitaal in Mamelodi te vergroot, het klaar begin. Dit sal help om dié hospitaal se las minder te maak en ook meer pasiënte kan nader aan die huis behandeling kry,” het sy gesê.

“Die Tshwane-distrikhospitaal is nie in staat om saans ’n keisersnee te doen nie. Dit dra ook by tot die krisis hier. Ons is besig om dit ook reg te stel.”

Die Steve Biko Akademiese Hospitaal behandel jaarliks glo sowat 450 000 plaaslike pasiënte en pasiënte van die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).

Meer oor:  David Makhura  |  Gesondheidsdienste  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.