Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Premier bekommerd oor virus by myne in Noordwes
Dr. Job Mokgoro, Noordwes se premier .Foto: Susan Cilliers

Job Mokgoro, premier van Noordwes, is bekommerd oor myne in dié provinsie wat besig is om brandpunte van Covid-19-gevalle te word.

Die meeste van Noordwes se jongste bevestigde gevalle kan met myne verbind word, het hy Saterdag by die provinsiale rampbestuursentrum in Mahikeng gesê.

Die provinsie het teen Saterdagmiddag 409 bevestigde gevalle gehad.

Naas die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal is Noordwes nou die provinsie met die meeste positiewe gevalle.

Die myne het brandpunt-gebiede vir die nuwe koronavirus in Noordwes geword en meer toewyding word benodig om te keer dat die virus na die myngemeenskappe versprei,

“Die myne het brandpunt-gebiede vir die nuwe koronavirus in Noordwes geword en meer toewyding word benodig om te keer dat die virus na die myngemeenskappe versprei,” sê Mokgoro.

“Mynmaatskappye het dieselfde verpligtinge as enige ander werkgewer en organisasie in die provinsie om streng gesondheidsprotokolle te handhaaf,” sê Mokgoro.

Die provinsiale bevelsraad het onderneem om sy benadering oor brandpunt-gebiede aan die hand van navorsing en tegniese vermoëns te verbeter.

“Volgens die bevelsraad se modelle gaan die provinsie in die slegste scenario bykomende hospitaalbeddens benodig. Alles word gedoen om te verseker die provinsie is gereed en het genoeg beddens en geriewe vir mense wat geïsoleer of onder kwarantyn geplaas moet word.”

Hospitale in die provinsies het met lykshuise gereël om hul kapasiteit te vergroot.

Mokgoro sê die provinsie verwag dat 65 000 gr. 7-leerlinge en 37 000 matrieks Maandag sal terugkeer skool toe as deel van die gefaseerde heropening van skole in die land.

Verskeie belangegroepe soos myne het glo die regering met voorbereiding by van sy skole gehelp.

Ons bly staan by ons onderneming dat ons sal verseker dat beskermende toerusting verskaf word aan skole. Dit sluit in maskers en infrarooi termometers.

“Ons bly staan by ons onderneming dat ons sal verseker dat beskermende toerusting verskaf word aan skole. Dit sluit in maskers en infrarooi termometers.”

Hy sê leerlinge sal ’n gesonde afstand van 1,5 m by skole handhaaf.

Mokgoro het ook bekend gemaak dat ’n provinsiale ouditkomitee in die lewe geroep is om uitgawes van departmente dop te hou en korrupsie met Covid-19-uitgawes hok te slaan.

Meer oor:  Job Mokgoro  |  Noordwes  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.