Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Familie wat saam sterf in roerende briewe onthou
Die Greyling-gesin: Jacques Marais, Ian Greyling, Jordan Marais, Christa Greyling en Donovan Delport. Foto: Verskaf
Familielede, vriende en kennisse het verlede week hulde gebring aan die Snyman- en Greyling-familielede wat in ’n ongeluk dood is. Die kranslegging was by die Hoërskool Tuine in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Willie, Lize en Zelde Snyman.

“Twee weke en twee dae gelede is die wêreld onder my uitgeruk. My hart en gees is gebreek. Dis onregverdig, dit voel soos ’n droom.”

Met dié aangrypende woorde het Donovan Delport (22) Dinsdag in die HerlewingSentrum Wonderboompoort in Pretoria afskeid geneem van sy ma, stiefpa en 15-jarige broer.

Ian en Christa Greyling, asook Jacques Marais, is op 10 Januarie dood in ’n botsing op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat. Hul vriende, Willie en Zelde Snyman, hul dogter, Lize (15), en Raymond Masango was ook onder die sewe mense wat op die toneel gesterf het.

Die groep vriende was saam op pad terug na hul tuisstad Pretoria ná ’n vakansie saam in Uvongo aan die Suidkus. Jordan (Jorrie) Marais (16), Christa se ander seun, het die ongeluk oorleef. Hy is intussen suksesvol vir bloeding op die brein, asook ’n gebreekte been en kakebeen geopereer.

Delport was ook saam met vakansie, maar is vroeër terug na Pretoria. Die emosionele jong man het tydens die gedenkdiens Dinsdag wat aanlyn gehou is, roerend voorgelees uit briewe wat hy vir sy familielede geskryf het: “My familie het vir my meer beteken as ek vir myself. Mamma, jy was die beste in die wêreld. Ma het altyd plek en liefde vir almal gehad. Ian, ek is so lief vir jou en dankbaar dat jy ’n pa vir my broers was. Jy het ons ma op die hande gedra. Ek weet sy was baie, baie gelukkig. Jy was regtig ’n tweede pa vir my.

“My boeta Jacques. Dit moes nie met iemand soos jy gebeur het nie, dit voel so verkeerd dat jy so vroeg moes gaan. Jy het soveel mense aangeraak. As ek al die sterre kon tel, sou dit steeds nie genoeg wees om my liefde vir jou te wys nie. Die hemel het ’n sterretjie bygekry wat saam met die engele skyn. I love you meer as die vlamme van ’n duisend sonne. Moenie bekommerd wees oor jou spinnekoppe nie, ouboet kyk na hulle.”

Twee weke en twee dae gelede is die wêreld onder my uitgeruk. My hart en gees is gebreek. Dis onregverdig, dit voel soos ’n droom.
Ballonne is Dinsdag in Pretoria losgelaat by die Greyling-gesin se gedenkdiens. Foto: Verskaf
Ballonne waai Dinsdag in Pretoria by die Greyling-gesin se gedenkdiens. Foto: Verskaf

Foto’s van die Greyling-familie is vertoon terwyl gewyde en gewilde musiek gespeel het.

Prof. Theo Burger wat die familie goed ken, het gesê dis nie maklik om op die preekstoel te staan ná die skok van die tragiese ongeluk nie. Die tema van sy boodskap was hoekom ’n God van liefde nie so iets keer nie. Burger het uit Genesis en Lukas voorgelees om dié vraag te beantwoord.

Jacques Greyling het in sport en akademie uitgeblink. Foto: Verskaf
Die Greyling- en Snyman-familie tydens hul onlangse vakansie. Voor: Willie Snyman en Ian Greyling; middel: Christa Greyling, Zelde Snyman en Donovan Delport en agter: Lize Snyman, en Jordan en Jacques Marais. Foto: Verskaf

“Ons lewe in ’n onregverdige, selfsugtige wêreld waar die mens nie meer sy skeppingsopdrag om alle fasette van die lewe te bewaar en bewerk, nakom nie. Slegte dinge gebeur dan, maar God het ’n versoeningsplan bedink met Christus se koms. Dit maak nie saak hoe jy sterf, en of die dood net inbars en jou wegruk nie. Dit maak saak hoe jy leef; ons moet so leef dat daar ’n plek vir ons in die hemel is. Die dood is net ’n oorgang, want wie in God glo, sal lewe al het hy gesterf.”

Burger het ’n brief voorgelees wat Suzette Schoeman, Christa se ma, aan haar oorlede familielede geskryf het: “My liefste kinders, ek weet nie of ons ooit weer oukei sal wees nie. Christa, my sonskynkind, Mamma mis jou vreeslik, ons daaglikse gesels en teedrink saam. Jou lag, lewenslus en liefde vir almal. Jy was so gullible, ek het dit geniet om daai blonde oomblikke uit te buit. Ian ons skapie . . . die woord stief het nie vir jou bestaan nie. Jou sagmoedigheid was wyd bekend, jy kon nooit nee sê nie. Jacques, my boesman. Ek onthou jou Christelikheid, hulp in die tuin en hoe jy alles met oorgawe aangepak het. Ons was so trots op jou prestasies. Jy was te goed vir hierdie wêreld.”

Begrafnisgangers het elk ’n rooi roos by ’n foto van Christa, Ian en Jacques neergesit terwyl die “Oorwinningslied” gespeel is. Begrafnisgangers het buite die kerk ballonne in die lug los gelaat.

My boeta Jacques. Dit moes nie met iemand soos jy gebeur het nie, dit voel so verkeerd dat jy so vroeg moes gaan.
'n Kersie word verlede week by die Hoërskool Tuine in Pretoria vir die Greyling- en Snyman-familielede neergesit. Foto: Deaan Vivier
Familielede, vriende en kennisse het verlede week hulde gebring aan lede van die Snyman- en Greyling-familie wat in ’n ongeluk dood is. Die kranslegging was by die Hoërskool Tuine in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Donovan Delport (22) verlede week by ’n kranslegging by die Hoërskool Tuine in Pretoria vir sy familielede wat verongeluk het. Foto: Deaan Vivier

* Willie, Zelde en Lize se gedenkdiens is Donderdag om 11:00 in Pretoria. ’n Skakel om dit aanlyn te volg, sal op familielede se Facebook- en WhatsApp-groepe gedeel word. Die skakel na die kerkdiens is hier en kyk hier na die grafdiens. 

Meer oor:  Jacques Marais  |  Motorongeluk  |  Begrafnisdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.