Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Private hospitale in W-Kaap gereed vir staat se pasiënte

Private hospitale in die Wes-Kaap is gereed om waakeenheidpasiënte van die staatsektor op te neem op versoek van die provinsiale departement van gesondheid en aan die hand van elke pasiënt se toestand.

Die hospitale het egter nie ’n vaste getal beddens of persentasie wat hulle aan die staat beskikbaar gaan stel om bykomende Covid-19-pasiënte te behandel nie.

’n Mediese werker in die waakeenheid van ’n hospitaal. Foto ter illustrasie. Foto: Pedro Vilela/Getty Images

Dr. Stefan Smuts, kliniese hoofbeampte van Mediclinic Suider-Afrika, sê by navraag die diensvlakooreenkoms tussen die provinsiale departement en private hospitale is in sy “finale konsepvorm”.

“Dit is prakties gereed om onderteken te word, met geen vertragings nie. Die departement beoog ook om ooreenkomste met dokters en verwante gesondheidswerkers in Mediclinic-hospitale af te handel. Dié proses geniet die aandag van almal betrokke.”

Smuts sê Mediclinic sal pasiënte opneem op grond van verwysings van die provinsiale departement en ná oorweging van die beddens en personeel wat beskikbaar is om bykomende Covid-19-pasiënte te versorg.

“Ons gaan nie ’n vaste getal of kategorie van beddens beskikbaar stel vir die behandeling van Covid-19-pasiënte nie.”

’n Besluit om Covid-19-pasiënte te behandel sal geneem word op grond van hul toestand en die beskikbare kapasiteit, en nie op grond van hoe hulle gaan betaal nie.

Riaan Croucamp, Life Healthcare se streekbestuurder vir die westelike kusstreek, sê ’n ooreenkoms is in beginsel met die staat aangegaan om Covid-19-pasiënte by te staan as die staat nie nog pasiënte kan opneem nie en private hospitale in die gebied die kapasiteit het.

Ons gaan nie ’n vaste getal of kategorie van beddens beskikbaar stel vir die behandeling van Covid-19-pasiënte nie.

Life Healthcare se hospitale gaan staatspasiënte bystaan op grond van die behoefte van elke afsonderlike geval en indien die hospitaal die kapasiteit het. “Die kapasiteit verskil van streek tot streek en hospitaal tot hospitaal, so ons kan nie ’n vaste persentasie of koers verskaf van die beddens wat aan die staatsektor beskikbaar gestel gaan word nie.”

Croucamp sê beddens word toegestaan aan diegene wat eerste opdaag.

“Ons kan nie in ’n wêreldwye pandemie beddens afbaken om sekere sektore van die gesondheidsorgmark tegemoet te kom nie. Ons sal elke pasiënt afsonderlik hanteer en versorg wanneer dit vereis word – ongeag of hulle ’n mediese fonds het of die staat daarvoor betaal.”

Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling, sê ook Netcare se geriewe is gereed om saam te werk met alle provinsiale gesondheidsdepartemente waar daar die behoefte en ’n versoek om hulp is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.