Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Probiotika het dalk geen uitwerking

Probiotika wat ’n mens oor die toonbank kan koop, is dalk nie alles wat dit beloof om te wees nie omdat dit dalk nie ’n mens se spysverteringskanaal kan koloniseer nie.

Dit is volgens twee studies wat in die vaktydskrif Cell gepubliseer is.

Spesifieke eksperimente het ondersoek wat presies in ’n mens se spysverteringstelsel aangaan. Daar is gevind talle mense se dermkanaal verhoed die probiotika om daar te koloniseer. Ook wanneer ’n mens antibiotika neem, en dan probiotika, soos wat miljoene mense doen, kan dit die proses vertraag vir die normale (goeie) bakterieë om terug te keer.

Die gebruik van probiotika geniet die afgelope jare groot steun, maar die wetenskaplike navorsing daaroor was nog altyd omstrede, volgens die studies.

Baie van die mense wat aan die eksperimente deelgeneem het, was weerstandig teen die probiotika. Dus is daar nie ’n universele probiotika of bepaalde stamme van die goeie bakterieë wat aan mense gegee kan word nie.

In vorige studies is mense se ontlasting getoets om die aktiwiteite van die mikrobes na te spoor.

In dié studie is daar kolonoskopies en endoskopies gedoen op vrywilligers wat probiotika ontvang het, en op diegene wat ’n plasebo ontvang het. Die mikrobes wat in ’n mens se liggaam leef, word beskryf as die mikrobioom.

Daar is gesien dat almal wat die probiotika ontvang het, probiotika in hul ontlasting gehad het, maar net sommige in hul dermkanaal.

Wat beteken net laasgenoemde se liggame het toegelaat dat die probiotika daar oorleef.

Deur te kyk of dit help nadat antibiotika geneem is, is gesien die probiotika voorkom die uitdrukking van gene en dit keer dat die normale bakterieë gou terugkeer ná die gebruik van antibiotika.

Daar is toenemend bewyse daarvan dat die mikrobioom in ons liggame ’n groot bydrae tot ons gesondheid lewer.

Meer oor:  Gesondheid  |  Wetenskap  |  Navorsing  |  Probiotika  |  Spysverteringskanaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.