Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
R 750 miljoen vir beskermende voorraad geskenk

Die Covid-19-virus het reeds 13 Suid-Afrikaners se lewens geëis en daar heers groot kommer oor 66 bevestigde gevalle van dié siekte wat die afgelope paar dae by die St. Augustine-hospitaal in Durban aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 1 749 bevestigde gevalle van die Covid-19-virussiekte is tot dusver in die land aangemeld. Die jongste sterfte is ’n man wat ook aan gevorderde prostaatkanker gely het, wat in die Parklands-hospitaal in Durban gesterf het.

Mkhize het Dinsdag tydens ’n skenking van sowat R 750 miljoen se bykomende voorraad deur die Motsepe-stigting en die Solidariteiteitsfonds gesê 48 van die mense wat in St. Augustine-hospitaal positief getoets het, is hospitaalpersoneel.

Die voorraad wat Dinsdag geskenk is, is veral beskermende voorraad soos handskoene, brille en maskers wat bestem is om landwyd aan gesondheidswerkers versprei te word.

Volgens Stavros Nicolaou van Business SA is sowat R70 miljoen se voorraad reeds in Suid-Afrika en word die oorblywende voorraad later vandeesweek uit China verwag.

Mkhize sê die skenking is veral prysenswaardig, omdat dit belangrik is om mediese personeel wat aan die voorpunt van die stryd teen die virus staan te beskerm.

Van links is Patrice Motsepe, dr. Zweli Mkhize en dr. Precious Motsepe tydens ‘n media inligtingsessie in Sandton oor die donasie van beskermende voorraad. Foto: Brümilda Swartbooi

Die skenking voorraad sal na verwagting sowat ses weke hou en die regering beplan reeds vir die daaropvolgende tydperk.

Mkhize het daarop gewys dat Suid-Afrika tans landwyd nie eens 100 Covid-19 pasiënte in die hospitaal het nie, maar het hospitale nietemin gevra om beskikbare voorraad te deel indien dit nodig raak.

Dinsdag se skenking kom kort nadat die vakbond Nehawu aangekondig het dat hy Mkhize en die gesondheidsdepartement ingevolge wetgewing rakende beroepsgesondheid en -veiligheid hof toe wil sleep.

Mkhize het Dinsdag benadruk dat die veiligheid van hospitaalpersoneel van die uiterste belang is en gesê hy is oortuig daarvan dat die beskikbare voorraad voldoende sal wees.

Meer oor die virus

Volgens Mkhize moet ’n persoon se liggaam sterk genoeg wees om die infeksie te beveg, en al help ’n antibiotika om teen bakterieë in die liggaam te baklei is daar tans steeds geen doeltreffende behandeling vir of entstof teen die Covid-19-virus nie.

Die menslike liggaam weet dus nog nie hoe om teen dié virus te baklei nie, omdat hy geen immuniteit daarteen opgebou het nie.

Pasiënte wat in so ’n mate verswak dat hulle op ventilators geplaas moet word om asem te haal, ontvang dus antibiotika om verdere infeksies te voorkom.

Net die eerste fase

Suid-Afrika neem deel aan verskillende terapeutiese proewe wat nou met verskillende tipes medikasie gedoen word en sal uiteindelik op grond van hierdie proewe besluit watter medikasie aangekoop moet word.

Die land is egter nie op die oomblik deel van enige toetse vir entstowwe nie.

Mkhize sê dit is intussen belangrik om mense se immuniteitstelsel so ver moontlik op te bou totdat ’n entstof beskikbaar word – oftewel, iets waarop die liggaam kan reageer om sy eie teenliggame te begin vervaardig.

Hy sê dit is egter net die eerste fase van die navorsing wat tans in China, Australië, Brittanje en Amerika gedoen word.

Daar word gesamentlik 40 verskillende entstowwe getoets.

Wat nou?

Mkhize sê wanneer die eerste vier lande se navorsing uit die eerste fase na ’n volgende fase beweeg, sal gesien kan word hoe die menslike liggaam op die entstowwe reageer. Die klimaat mag ’n invloed hê op hoe mense in verskillende lande op die entstowwe reageer. Diegene wat aan die toetse deelneem, sal die eerste wees om, indien die proewe suksesvol is, van die entstof gebruik te maak.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Zweli Mkhize
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.