Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
R4 m. se skenkings vir Groote Schuur

Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad het ’n hupstoot gekry in die vorm van R4 miljoen se skenkings in toerustings, asook R500 000 se beskermende kleredrag.

Die Suid-Afrikaanse mediese en onderwysstigting (Same) het skenkings aan die hospitaal bewerkstellig wat toerusting vir die hospitaal se waakeenheid insluit.

Trevor Pols, uitvoerende hoof van Same, sê in ’n verklaring die Groote Schuur-hospitaal is een van tien hospitale landwyd wat geïdentifiseer is as begunstigde vir hul groter R20 miljoen se Covid-19-verligtingsprojek.

Die afgelope 17 jaar al het Same, ’n organisasie sonder winsbejag, die openbare gesondheidstelsel gehelp deur hulpbronne te skenk wat vir die lewering van gehaltegesondheidsdienste benodig word.

Die tien hospitale wat skenkings sal ontvang, is geïdentifiseer nadat samesprekings met sleutellede van die gesondheidsdepartement gehou is om die grootste behoeftes uit te wys.

“Same sal saam met hul vennoot Adcock Ingram Critical Care toerusting ter waarde van meer as R3 miljoen skenk, met ’n addisionele R1 miljoen se toerusting wat deur ander vennote geskenk word,” sê Pols.

Boonop het Disa Life Sciences ook onlangs ’n halfmiljoen rand se beskermde kleredrag aan die personeel geskenk wat in die Groote Schuur-hospitaal se Covid-19-afdelings werk.

Dr. Belinda Jacobs, mediese bestuurder van die Groote Schuur-hospitaal, sê die skenkings vir die werkers in die voorste linies in die sorg van pasiënte wat kritiek is, word waardeer. Sy sê die skenkings sal hul voorrade versterk en help met die versorging van hul versorgers.

Jacobs het ook haar dankbaarheid aan elke organisasie uitgespreek wat tot die skenkings bygedra het en sê dit sal help om steeds gehaltesorg aan alle pasiënte te kan lewer.

Van links na regs staan, sr. Sadick Swartz, bedryfsbestuurder vir D12- chirurgiese waakeenheid, Grant Strathie, assistentdirekteur en kliniese tegnoloog vir kritieke sorg, Thina Shozi, kliniese tegnoloog vir kritieke sorg, en Trevor Pols, uitvoerende hoof vir die Suid-Afrikaanse mediese en onderwysstigting (Same).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.