Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Sterftes by hospitaal: Een spring van dak, ander hang
Die Paarl-hospitaal.

Twee pasiënte van Paarl-hospitaal in die Wes-Kaap het hulself die naweek om die lewe gebring.

’n 43-jarige man is dood nadat hy Saterdagoggend van die sesde verdieping van die hospitaal gespring het, het die polisie bevestig.

Die man van Paarl-Oos het op die dak van die tweede verdieping van die hospitaal beland. ’n Geregtelike nadoodse ondersoek word gedoen.

Nog ’n man is dood nadat hy homself Vrydagaand in die hospitaal opgehang het.

Leensie Lötter, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid in die Wes-Kaap, het by navraag gesê dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR van gesondheid, weet van albei voorvalle. Die LUR het reeds onderneem om die gesinne van die twee mans te besoek.

Die departement sal later Saterdagmiddag ’n volledige verklaring oor die twee mans se dood uitreik.

’n Man is verlede jaar dood nadat hy ook by die sesde verdieping van die hospitaal uitgespring het. Fortuin Fransman (50) was in ’n gevorderde stadium van kanker.

Meer oor:  Paarl-Hospitaal  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.