Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ramaphosa en Mkhize se app teen Covid is nul op ’n kontrak

Die regering se nasporingsapp vir Covid-19 is nutteloos om die verspreiding van die virus te keer. Só sê ’n mediese kenner oor die Covid Alert SA-app wat sedert begin September aktief is.

Die Covid Alert SA-app.

Die regering het einde September verklaar meer as ’n halfmiljoen mense het al die app afgelaai.

Die app is teen Saterdagmiddag minder as 200 000 keer van die Google Play-winkel afgelaai. Dit is ook in die iStore beskikbaar. Selfs teen die regering se hoë raming het minder as 1% van die bevolking toegang tot die app.

Die departement van gesondheid se uiteindelike mikpunt is dat 10 miljoen mense dit moet gebruik.

Pres. Cyril Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het albei kort ná die bekendstelling van die app getwiet dat dit die sleutel tot ’n oorwinning oor die virus kan wees.

Ramaphosa het middel September opnuut gevra Suid-Afrikaners moet die app installeer, maar dit word veral op sosiale media gekritiseer.

Verskeie mites en onwaarhede oor die app is op sosiale media en WhatsApp-groepies versprei, soos dat gebruikers se bewegings gemonitor kan word en dat inligting tussen gebruikers gedeel word. Kenners het al keer op keer gesê die app is anoniem en daar is geen manier hoe verbruikers kan vasstel wie positief vir die virus getoets is nie.

Die app is ’n kennisgewingstelsel wat Bluetooth gebruik om ’n kennisgewing deur die app uit te stuur sou gebruikers in kontak gekom het met iemand wat onlangs positief vir die koronavirus getoets het.

Mikpunt was dat minstens 10 miljoen dit gebruik.

Prof. Shabir Madhi, hoof van Wits se entstof-eenheid, sê die app is om verskeie redes van geen hulp in die Suid-Afrikaanse konteks nie.

“Die sukses van die app vereis dat landsburgers bereid moet wees om dit af te laai en dat die regering Covid-19 gevalle opspoor en verseker dat hulle onder kwarantyn geplaas word.”

Hy sê Brittanje het ook vroeër gehoop hul nasporings-app sal keer dat mense Covid-19 onwetend versprei, maar dit was nie die geval nie.

Die Britse regering het uitgebreide toetsing in Maart gestaak omdat hulle gedink het die app is die antwoord om die virus hok te slaan.

Navorsers het toe gewaarsku dat die app net doeltreffend aangewend word solank as dit saamhang met omvattende toetsing vir die nuwe koronavirus.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Shabir Madhi  |  Zweli Mkhize  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.