Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Regering doen als om seker te maak daar is genoeg kos’
The poor old mans hands hold an empty bowl. The co

Sy kan nie sê die regering is nie bekommerd dat winkels in townships en afgeleë, landelike gebiede dalk later nie genoeg kos sal hê om te verkoop nie.

Alles moontlik word egter gedoen om te voorkom dat dit gebeur, sê Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Sy het Saterdagmiddag ná ’n mediakonferensie van die regering se nasionale bevelsraad, wat die stryd teen die Covid-19-pandemie lei, aan Netwerk24 gesê sy verwag dat groot hoeveelhede mense in dié gebiede wat eers Maandag en Dinsdag betaling of hul maatskaplike toelaes ontvang na winkels sal gaan om kos te koop.

“Ek kry baie navrae uit veral die afgeleë, landelike gebiede waar mense wil weet hoe ons gaan seker maak daar is deurentyd genoeg kos beskikbaar,” sê Zulu.

Shoprite Checkers, Pick n Pay, Woolworths en Spar het in ’n gesamentlike volbladadvertensie in Sondagkoerante gesê hulle doen alles in hul vermoë om “ons plig teenoor Suid-Afrikaners na te kom”.

winkels
Shoprite Checkers, Pick n Pay, Woolworths en Spar het in ’n gesamentlike volbladadvertensie in Sondagkoerante gesê hulle doen alles in hul vermoë om “ons plig teenoor Suid-Afrikaners na te kom”.

Zulu sê sy is dankbaar teenoor niewinsgewende en nieregeringsorganisasies wat die afgelope week hul hulp aan die regering aangebied het.

“Ons verskaf aan hulle die nodige permitte om hul werk te doen.”

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai, sê ’n nasionale strategie is nodig om seker te maak huishoudings in die land het later gedurende die inperkingstydperk van 21 dae genoeg kos.

“Daar is genoeg kos. Die vraag is net hoe kry ons dit by die honger gemeenskappe? Ek glo die land se boere is die sleutel tot so ’n strategie,” sê De Jager, wat ook president van die Wêreldlandbou-organisasie is.

In hierdie stadium word die georganiseerde landbou deur Agri SA, die landbousakekamer Agbiz, TLU SA en Graan SA in die departement van landbou se Covid-19-taakspan verteenwoordig.

Sky News berig in Italië, waar Italianers al die afgelope drie weke ingeperk en honderde mense per dag aan Covid-19 sterf, het foto’s en video-opnames aan die lig gekom van die polisie wat in Palermo, Sisilië, by winkels opdaag nadat desperate mense kos begin steel het om hulself te voed. Daar is selfs op sosiale media groepe begin wat beplan om strooptogte op koswinkels uit te voer.

Lindiwe Zulu Foto: Argief

Palermo se burgemeester het aan Sky News gesê misdadigers buit ander mense se swaarkry uit en hits geweld aan. Hy waarsku dat ’n maatskaplike noodtoestand kan volg.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het ’n beroep op die polisie gedoen om boere toe te laat om met hul werksaamhede voort te gaan.

“Daar is allerlei stories dat boere hulle moet registreer as noodsaaklike diensverskaffers. Ons minister (Thoko Didiza, minister van landbou) het dit duidelik gestel dit is nie op boere van toepassing nie. Veral ons kleinboere is nie in ’n posisie om so iets te doen nie,” sê Van Zyl.

“Ons vra dat die regering die briewe aanvaar wat die boere van hul landbou-organisasies ontvang het.”

Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, het die naweek in ’n verklaring gesê Agri SA bespreek op ’n daaglike basis met die departement bestaande en moontlike probleme wat die landbousektor ervaar om kos te produseer. Dít word deur Didiza aan die nasionale gesamentlike bedryfs- en intelligensietaakspan (Natjoints) deurgegee.

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.