Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Regering sal Covid-gevalle se selfone nagaan
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: Isabel Venter

“Ons leer nog soos wat die tyd vorder”.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag gesê die regering leer uit sy foute soos wat die inperkingstyd aanstap. Om hierdie rede sal die regering voortgaan met wysigings aan die regulasies sodat mense wat in kontak was met besmette mense opgespoor kan word.

Sy was een van die vyf ministers wat Donderdag in Pretoria terugvoering gegee het oor die huidige ramptoestand in die land weens die uitbreking van die Covid-19-virus.

“ ’n Mens weet nie altyd langs wie jy gestaan het in die winkel of wie die persoon was wat langs jou gesit het in die taxi nie. Dié mense kon dalk die koronavirus gehad het en jou onwetend aangesteek het,” sê Dlamini-Zuma.

Die nuwe regulasies sal die departement van gesondheid en opspoorders toelaat om enigiemand wat in kontak was met ’n persoon wat positief gediagnoseer is se selfoonnommers na te gaan.

“Dit is nie om op mense te spioeneer nie, maar net om te sien wie almal in die onmiddellike omgewing was waar ’n besmette persoon was,” sê Dlamini-Zuma.

Ander wysigings wat sal geld, is die inligting wat dokters moet invul op die vorms van pasiënte. Voortaan moet dit alle persoonlike besonderhede en adresse bevat, sowel as ’n selfoonnommer. Voorheen is van dié besonderhede verkeerd ingevul of onduidelik, daarom sal ’n afskrif van ’n persoon se identiteitsdokument ingesluit moet word.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het bevestig dat mense nie gaan inluister op mense se private gesprekke nie.

“Baie is bekommerd daaroor. Ons wil nie op enigiemand spioeneer nie. Ons is onder inperking teen die virus. Dit is in ons almal se belang om te verseker dat ons die verspreiding van die virus minimaliseer.”

Stella Ndabeni-Abrahams
Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie. Foto: Isabel Venter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.