Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Bekroonde navorser, nog 5 in SA sterf aan Covid-19

Volg die jongste verwikkelinge oor die koronavirussiekte (Covid-19) hier.

Tot dusver: 

• 1 353 in SA is reeds met die virus besmet 

• 39 500 mense is tot dusver in SA getoets

• Wêreld het meer as 800 000 infeksies  

koronagevalle, 31 maart

Volg die jongste verwikkelinge rakende die koronavirussiekte (Covid-19) hier.

01 Apr. 11:01:19

01 Apr. 10:47:03

31 Mrt. 22:39:53

Bekroonde SA mediese navorser sterf weens Covid-19

Prof. Gita Ramjee, ’n bekroonde mediese navorser in die stryd teen MIV/vigs, is Dinsdag dood weens Covid-19, luidens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMRC).

Prof. Glenda Gray, president van dié raad, sê in die verklaring Ramjee het weens komplikasies wat met Covid-19 verbind word, gesterf.

Die Aurum-instituut, waar Ramjee die hoofwetenskaplike was, het luidens ’n verklaring gesê sy was ’n wêreldbekende wetenskaplike wat “onvermoeid gewerk het om oplossings vir die voorkoming van MIV vir vroue te vind”.

Klik hier om die volledige storie te lees.

Die syfers teen Dinsdagaand 22:00

Bevestigde gevalle wêreldwyd: 846 156

Sterfgevalle wêreldwyd: 41 261

31 Mrt. 22:03:27

Burudi het sy eerste twee koronavirus-gevalle

Die eerste twee voorvalle van die koronavirus is in Burundi aangemeld, het die gesondheidsdepartement van dié land in 'n verklaring gesê.

Albei is mans. Die een het onlangs van Rwanda na Burundi teruggekeer en die ander was onlangs in Dubai, berig AlJazeera. 


31 Mrt. 21:50:17

Marius Fransman sê hy het Covid-19

Marius Fransman, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, het Dinsdagaand op Facebook gesê hy het positief getoets vir die koronavirus. 

Fransman sê hy het twee weke gelede uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer het en dat hy sedertdien nie goed gevoel het nie.

Hy het besef dat hy die gesondheidprotokol moet volg en het verlede Maandag 'n toets vir die koronavirus ondergaan. 

Die uitslag van die toets is Dinsdag deurgee. Fransman sê hy is tans in 'n plaaslike hospitaal en doen goed. 

31 Mrt. 21:21:40

SA wetenskaplike vermoedelik dood aan Covid-19

Prof. Gita Ramjee, 'n wêreldbekende wetenskaplike en wetenskaplike hoofbeampte van die Aurum-instituut, is vermoedelik aan die Covid-19-virus dood.

Sy was voorheen as wetenskaplike spesialis verbonde aan die Mediese Navorsingsraad en direkteur van die ondersoekende vigs-voorkomingseenheid by die MNR.

Prof. Gavin Churhyard, uitvoerende hoofbeampte van die Aurum-instituut, het Dinsdagaand haar dood in 'n verklaring betreur. 


31 Mrt. 20:52:45

'n Mediese sentrum is inderhaas in 'n gimnasium in Champigny-sur-Marne naby Parys opgerig om te help met die toetsing van koronagevalle. Foto: Reuters 

31 Mrt. 20:47:02

499 sterf in 24 uur in Frankryk 

Altesaam 3 523 mense is al in Frankryk dood weens die koronavirus. Vandag (Dinsdag) is die hoogste sterftesyfer, 499, sedert die uitbreek van die pandemie aangeteken.

Daar is nou altesaam 22 757 mense gehospitaliseer met die Covid-19-virus, waarvan 5 565 in waakeenhede verpleeg word, berig AFP.

Altesaam 38 pasiënte wat in ‘n kritieke toestand in die Franse hoofstad is, is Dinsdag met sneltreine na gebiede buite die stad vervoer waar die druk op hospitale nog nie so kwaai is wees die koronavirus nie, berig Reuters.  

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.