Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Almal kry swaar, maar ons mag nie misluk - Ramaphosa

IN 'N NEUTEDOP

  • INPERKING in Suid-Afrika met twee weke verleng tot einde April.
  • Boris Johnson, Britse premier, is uit die waaksaal na 'n gewone saal oorgeplaas. 
  • David Makhura, Gautengse premier, sê die provinsie is die episentrum van die Covid-19-viruspandemie in Suid-Afrika. Hy sê die provinsie is nog baie ver daarvan af om die infeksiekoers af te plat. 
  • Dit kan Suid-Afrika tot 15% van sy bruto binnelandse produk (BBP) van 2020 kos om die Covid-19-pandemie onder beheer te kry. Dit is die vooruitsig van die Wêreldbank in sy Africa's Pulse-verslag wat Donderdag bekend gestel is.
koronavirus


SYFERS

SUID-AFRIKA

  • 1 943 gevalle van die Covid-19-virussiekte in Suid-Afrika  – 'n styging van 96 sedert die vorige aankondiging.
  • 18 sterftes is bevestig.
  • PROVINSIALE SYFERS: Gauteng: 795, Limpopo: 22, Mpumalanga: 20, KwaZulu-Natal: 387, Noordwes: 15, Vrystaat: 93, Noord-Kaap: 15, Ooskaap: 61, Wes-Kaap: 515


AMERIKA

  • Die infeksiesyfer is meer as 430 000.
  • Meer as 14 000 is dood.

WÊRELDWYD

  • Die infeksiekoers is nou 1,579 miljoen. 
  • Die dodetal is 94 567; amper 346 780 mense het al van die virus herstel. 

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van die jongste verwikkelinge rakende die koronavirus (Covid-19) hier.


09 Apr. 22:46:40

DIE STAND VAN SAKE IN SUID-AFRIKA:

1 934

Bevestigde gevalle

68 874

Toetse uitgevoer

18

Sterftes

11

Onbekend

PROVINSIALE SYFERS:

Hier is die koronagevalle per provinsie soos uitgereik deur die departement van gesondheid:

Gauteng: 795

Limpopo: 22

Mpumalanga: 20

KwaZulu-Natal: 387

Noordwes: 15

Vrystaat: 93

Noord-Kaap: 15

Ooskaap: 61

Wes-Kaap: 515

Die nuusagentskap Reuters kyk na die beknopte wooneenhede in Japan te midde van die korona-pandemie. 

PAS BEKEND

Spanje se parlement het pas ten gunste daarvan gestem om die noodtoestand in die land vir 'n tweede keer, dié keer tot 26 April, te verleng, berig CNN. 

09 Apr. 22:02:03

Dawie Roodt: Dis erg, maar daar is ’n ligpunt

Straks die belangrikste sin in pres. Cyril Ramaphosa se toespraak is die een waarin hy sinspeel op strukturele hervorming van die ekonomie, sê Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group.

Ramaphosa se woorde was: “Soos ons uit dié krisis opstaan, sal ons land ’n proses van grondliggende heropbou moet ondergaan."

“Dis wat ek wou gehoor het. Dis die opwindendste ding wat hy gesê het. Tot dusver was dit nie vir Ramaphosa polities moontlik om die moeilike ekonomiese besluite te neem wat almal weet nodig is nie.”

Klik hier om die volledige berig te lees.
09 Apr. 21:53:17

‘Ons mág nie misluk nie. Ons moet geduldig wees’ – Ramaphosa

As Suid-Afrika nie nou iets doen om die Covid-19-pandemie te stuit nie, sal die virus die land op sy knieë dwing.

Daarom is dit nodig dat die nasionale staat van inperking met twee weke verleng word tot einde April, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand aangekondig.

Hy het in ’n televisieboodskap uit die Uniegebou in Pretoria aan die mense van Suid-Afrika gesê hy besef almal wil terugkeer werk of skool toe en wil aangaan met hul gewone lewens. Maar dit is belangrik dat die koronavirus eers doelgerig bestry word.

Klik hier om die volledige berig te lees.
09 Apr. 21:52:35

Rye en rye kiste

Werkers met beskermende drag begrawe slagoffers van die koronavirus op Hart-eiland in New York. Die stad se mediese ondersoeker het bevestig dat die stad nie meer die oorskot van 'n afgestorwene vir 30 dae gaan hou voordat dit tydelik begrawe sal word nie, maar slegs 14 dae. Lyke sal nou tydelik op Hart-eiland in New York begrawe word. Foto: AP


09 Apr. 21:43:46

Hou jul afstand, hoor Amerika

Amerikaners moet voortgaan om sosiale distansiëring toe te pas noudat dit lyk of pogings om die verspreiding van die virus vertraag werk, het mediese en staatsamptenare in Amerika gesê.

In New York, episentrum van die koronavirus in Amerika, het die sterftesyfer die afgelope 24 uur weer gestyg, maar minder korona-pasiënte is in hospitale opgeneem. 

Andrew Cuomo, goewerneur van die deelstaat New York, sê net 200 mense is die afgelope 24 uur in die hospitaal opgeneem, maar terselfdertyd is 'n rekordgetal van 799 sterftes Woensdag aangeteken. Die dodetal in die deelstaat is nou 7 067.

"Ons is besig om die kurwe af te plat deur dit wat ons sover gedoen het," het Cuomo gesê. 

"Jy kan nie ontspan nie. Die afplat van die kurwe gisteraand het gebeur deur dit wat ons gister gedoen het."

Anthony Fauci, Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, sê dit is belangrik dat mense steeds tuisbly. 

"Ons moet voortgaan om ons poging ten op sigte van fisieke distansiëring te verdubbel sodat ons die syfers kan afbring."

Vooruitskattings dat tot 100 000 mense in Amerika sal sterf weens die koronavirus, is vandeesweek aangepas na 60 000.

Daar is tans in 42 deelstate in die land regulasies dat mense tuis moet bly. - Reuters 


Boris Johnson uit waaksaal geskuif

Die Britse premier, Boris Johnson, is in 'n goeie luim nadat hy uit die waaksaal geskuif is.

Die premier is Sondag na die St. Thomas-hospitaal in Londen gebring weens hardnekkige Covid-19-simptome. Hy het sowat twee weke gelede aangekondig dat hy positief vir die virus getoets het.

Sy toestand het egter Maandagaand verswak en hy is na 'n waaksaal geskuif waar hy suurstof gekry het, maar nie op 'n ventilator geplaas is nie. 


Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Donderdag  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.