Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
REGSTREEKS: 1 dood, 1 170 Covid-19-gevalle in SA

Suid-Afrika is nou in 'n staat van nasionale inperking. Volg Netwerk24 se dekking oor die uitbreking van Covid-19 en die 21 dae van inperking om dié uitbreking te probeer stuit.

  • Meer as 'n halfmiljoen mense het die virussiekte Covid-19 onder lede.
  • Die sterftesyfer het al 24 000 verbygesteek.
  • Die infeksiesyfer is nou meer as 1 000 in die land.

noodnommers

Volg die jongste hier:

27 Mrt. 23:12:02

Voormalige Springbokspeler toets positief

Die legendariese Springbokspeler Danie Gerber het positief vir die virus getoets.

Sy dogter Elaine Gerber het die nuus Vrydagaand bevestig en sê haar pa is in isolasie in Port Elizabeth.

Gerber het reeds Dinsdagoggend simptome begin toon, toe hy van 'n seer lyf gekla het en koorsig gevoel het.

"Teen Donderdagoggend het hy geweet iets is nie reg nie. Sy kop was seer, sy lyf was seer en hy het 'n koors gehad. Hy en my ma het besluit hy moet dokter toe gaan."

Die gesin het Vrydag gehoor dat Gerber positief getoets het.

"My pa is nie kritiek of in die hospitaal nie. Hy wil graag 'n positiewe boodskap uitstuur en wil hê almal moet weet hulle moet by die huis bly, hande was en gehoor gee aan wat nou van ons gevra word."

Sy sê dit wys net dat enigiemand die virus kan opdoen. Foto: Getty Images

27 Mrt. 22:55:08

21 dae-inperking vir Zimbabwe

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het Vrydag 'n 21 dae-staat van inperking vir die land afgekondig.

Zimbabwe se staat van inperking sal Maandag in werking tree.

Regeringsamptenare en gesondheidbeamptes moet steeds werk toe gaan.

Zimbabwe het vyf gevalle van die virus, terwyl een persoon weens die virus dood is. – Reuters

27 Mrt. 22:51:40

Afleweraar moet Viagra en Coke aflewer

Erik Thiago (22) van Sao Paulo in Brasilië het gewoonlik kos vir 'n appdiens afgelewer, maar vandat 'n staat van inperking in sy land afgekondig is, lewer hy ánder tipe goedere ook af.

Thiago sê aan Reuters hy moes Viagra en 70 blikkies Coke by een man gaan aflewer het.

Hy is bewus daarvan dat hy die virus kan opdoen, maar hy gaan met die aflewerings voort sodat hy 'n ekstra geldjie kan maak, vir wanneer dinge erger raak. – Reuters

27 Mrt. 22:43:20

Turkye se dodetal en Covid-19-gevalle styg

Turkye se dodetal het Vrydag met 17 gevalle gestyg. Die dodetal staan tans op 92.

Fahrettin Koca, minister van gesondheid, sê die aantal Covid-19-gevalle het van 2 069 tot 5 698 gestyg. 

Koca sê Turkye het minstens een miljoen toestelle om toetse uit te voer, maar sal maatreëls in verband met die virus in plek moet stel. – Reuters

27 Mrt. 22:36:39

Covid-19-gevalle styg in Ierland

Die Covid-19-gevalle het Vrydag in Ierland tot 2 121 gestyg nadat dit 'n dag vantevore op 1 819-gevalle gestaan het.

Die departement van gesondheid sê drie mense is Vrydag weens die virus dood, wat die amptelike dodetal tot 22 opgestoot het. – Reuters

27 Mrt. 22:31:24

4 passasiers sterf op plesierskip

Vier passasiers aan boord van die MS Zaandam-plesierskip van Nederland is naby Panama in Sentraal-Amerika weens Covid-19 dood.

Meer as 130 passasiers aan boord van die skip het griepsimptome, terwyl minstens twee mense positief vir die virus getoets het.

Daar is 1 243 passasiers en 586 bemanningslede aan boord van die skip, sowel as vier dokters en vier verpleegsters. – Reuters

27 Mrt. 22:23:27

Brandbestryders sal lyke in Brittanje verwyder

Brittanje sal van brandbestryders gebruik maak om kos af te lewer, ambulanse te bestuur en lyke te verwyder.

Meer as 570 mense is reeds weens die virus in Brittanje dood, terwyl meer as 11 600 die virus opgedoen het.

Prins Charles, premier Boris Johnson en Matt Hancock, minister van gesondheid, is van die hooggeplaastes wat die virus opgedoen het. – Reuters

27 Mrt. 22:18:07

Vakansie in Rusland om Covid-19 te beperk

Die Kremlin in Rusland sê mense sal steeds volgende week van die huis af kan werk of studeer.

Dié aankondiging kom nadat Rusland Vrydag aangekondig het dat die land volgende week vakansie sal hê sodat hy die verspreiding van die virus kan probeer keer.

Rusland het Vrydag aangekondig dat hotelle en oorde vanaf die 28ste Maart tot op 1 Junie moet sluit nadat die Covid-19-gevalle in Rusland tot meer as 'n 1000 gestyg het en vier mense weens die virus dood is.

Die Kremlin sê iemand in die president se administrasie het positief vir die virus getoets. –Reuters

27 Mrt. 22:13:16

België verleng staat van inperking

België het Vrydag sy staat van inperking met twee weke verleng nadat dié land meer as 7 000 gevalle van die virus vermeld het.

Ekonomiese en mediese kenners in België het Vrydag ontmoet sodat hulle die volgende stap in die krisis kan bespreek.

België se staat van inperking is tot op 18 April verleng. – Reuters

27 Mrt. 22:09:26

Rekordgetal mense Vrydag in Italië dood

Italië se gesondheidskommissie sê 919 mense is Vrydag weens Covid-19 dood – dit is die hoogste dodetal wat wêreldwyd in een dag gemeet is.

Dié getal is selfs meer as die gevalle wat in China, waar die virus ontstaan het.

Meer as 86 000 mense in Italië het die virus teen Vrydag gehad, terwyl 9 134 mense al weens die virus dood is. – Reuters

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Coronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.