Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: 60-70% van ons gaan korona kry; SA sal gou meer kan toets

Hoogtepunte tot dusver:

• SA infeksiesyfer styg tot 150 

• 60-70% van ons sal die virus kry, sê Zweli Mkhize, Suid-Afrika se minister van gesondheid

• 236,420 mense wêreldwyd is met die virus besmet

• Italië se sterfgevalle is nou meer as die sterfgevalle in China

19 Mrt. 22:31:50

Brittanje kan binne 12 weke die gety keer, sê Boris

Boris Johnson, Britse premier, sê Brittanje kan binne die volgende 12 weke die gety teen die verspreiding van die koronavirus draai, het hy op 'n mediakonferensie in Londen gesê.

Johnson het egter kort na dié woorde erken dat die Britse regering egter nie weet hoe lank die koronakrisis gaan duur nie. 

Hy het op die nuuskonferensie by 10 Downing Street gesê die regering gaan derduisende toetsstelle aankoop sodat mense vir die virus getoets kan word. 

Johnson het ook gesê verdere maatreëls mag dalk in Londen ingestel word omdat mense in die Britse hoofstad nie orals gehoor gee aan maatreëls om sosiaal te distansieer nie.

Sosiale distansiëring gaan nog maande met ons wees

Die Kanadese premier, Justin Trudeau, sê dit gaan nog "weke tot maande" voordat die sosiale distansiëring-maatreëls wat ingestel is weens die koronavirus, in Kanada opgehef sal word. Volgens Trudeau volg die Kanadese regering die advies van gesondheidskenner en sal maatreëls nie opgehef word voordat dit veilig is om te doen nie. 

19 Mrt. 21:53:23

Die jongste syfers wêreldwyd (teen Donderdagaand 22:00)

236,420 mense wêreldwyd is met die virus besmet; 

9,790 mense wêreldwyd is dood aan die virus; 

84,962 mense wêreldwyd het van die virus herstel

Bron: Center for Systems Science and Engineering (CSSE) at Johns Hopkins University (JHU)

Klik hier vir die jongste data.

Prins Harry, wie se breinkind die Invictus Spele, ook weens die koronavirus uitgestel moet word, het 'n videoboodskap aan al die atlete gestuur wat aan dié spele in Den Haag sou deelneem. 

PAS BEKEND: Altesaam 108 mense is die afgelope 24 uur in Frankryk dood aan die koronavirus. 

19 Mrt. 20:49:40

Getalle in Afrika sal styg, sê sentrum

Die aantal mense wat in Afrika met die koronavirus besmet word sal heel moontlik in die volgende paar weke baie toeneem.

Die virus vermeerder stadiger as in Asië en Europa, hoewel 34 lande op die kontinent reeds meer as 600 voorvalle van besmetting aangemeld het, het John Nkengasong, hoof van die Afrika-sentrum vir siektebeheer en die voorkoming daarvan, aan Reuters gesê. 

"Ons vang heelwat mense, maar ons mis ook sommige mense," sê Nkengasong. 

Hy sê die sluit van grense sal die verspreiding van die virus vertraag, maar nie beheer nie.

Nkengasong sê die toetsing van Afrikane sal aangehelp word met die beskikbaarstelling van meer toetsstelsels. Volgens Nkengasong sal die toetsing maklik uitgerol kan word in die bestaande HIV-infrastruktuur.

19 Mrt. 20:38:28

46 nuwe gevalle in Egipte

Altesaam 46 nuwe koronagevalle is Donderdag in Egipte aangemeld, het die gesondheidsdepartement van Egipte Donderdag in 'n verklaring gesê. Dit bring die aantal infeksies in dié land op 256 te staan, berig Reuters. 

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.