Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oorsig: Suid-Afrika het nou 1 585 Covid-19-gevalle

Sowat 4 miljard mense - rofweg die helfte van die wêreld se bevolking - is ingeperk.

Hoewel maatreëls van land tot land verskil, het die meeste lande vandeesweek streng maatreëls begin volg nadat die getal mense met Covid-19 die vlak van 'n miljoen mense wêreldwyd verbygesteek het. The New York Times berig die helfte van die bevolking is onder dié maatreëls.

Die dodetal het die 60 000-kerf verbygesteek.

In Suid-Afrika:

In Suid-Afrika is nege mense dood, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes gisteraand laat bevestig nadat die laaste sterfgevalle ook met die virus verbind is.

Daar is tans 1 585 mense met die siekte onder lede.

Wat jy tot dusver moet weet

• Die sterftesyfer van 9 in SA is bevestig, maar weerspieël nie die ware prentjie in die land nie, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bevestig.

• Regter Kate O'Regan, oudregter in die konstitusionele hof, is aangestel om die opsporing en vervolging van mense deur hul selfone te monitor.

• Dit is nog te vroeg om te sê of die staat van inperking verleng moet word. Meer data word benodig, het Mkhize gesê.

• Die Rand het aanhou steier en Vrydag tot onder die R19-vlak teenoor die dollar gedaal, terwyl die agentskap Fitch Suid-Afrika ook tot rommelstatus afgradeer het. Hoe meer die Rand daal, hoe moeiliker word dit om noodsaaklike toerusting vir gesondheidswerkers aan te koop, het die adjunkminister van gesondheid, Joe Phaahla, gewaarsku.

• Spanje het Italië verbygesteek wat die getal infeksies betref en sodoende die episentrum in Europa geword.

• Die dodetal in die deelstaat New York ewenaar die sterftes verbonde aan die terreuraanvalle op 9/11.

Volg hier vir die jongste nuus:

04 Apr. 23:10:40

Covid-19-gevalle styg met 80 in ’n dag

Daar is tans 1 585 mense in Suid-Afrika wat met die virussiekte Covid-19 besmet is. Dit is 80 meer as wat vroeër Saterdag berig is.

Volgens die nasionale gesondheidsdepartement was daar tot nou toe nege sterftes wat verband hou met die virus in die land. Ses van die sterftes was in KwaZulu-Natal.

Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in dié provinsie, sê daar was 11 mense in die St Augustine-hospitaal in Durban. Drie van die mense wat dood is, was in dié hospitaal.

Ander mense wat siek geword het, is pasiënte, gesondheidswerkers en personeel. Meer as 150 toetse is al by die hospitaal gedoen en hulle begin binnekort om pasiënte en besoekers wat sedert 1 Maart by die hospitaal was, op te spoor, sê sy.

In Gauteng is daar reeds 693 gevalle; in die Wes-Kaap 433; in KwaZulu-Natal 232; in die Vrystaat 85, Noordwes 11; Mpumalanga 18 en dieselfde hoeveelheid in Limpopo. In die Oos-Kaap is daar 25 gevalle; Noord-Kaap 7 en daar is 63 gevalle wie se ligging nie bekend is nie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het bevestig 53 937 toetse is reeds gedoen.

04 Apr. 22:59:48

04 Apr. 22:57:22

04 Apr. 22:28:14

Bejaarde inwoner van Bo-Kaap sterf aan Covid-19

’n Bejaarde inwoner van die Bo-Kaap in Kaapstad is Saterdag aan Covid-19 dood.

Kulsum Cassiem (81), wat net vandeesweek positief vir die koronavirus getoets het, was sedert Woensdag in die hospitaal en is Saterdagaand dood.

Masturah Adams, gemeenskapsleier, skryf in ’n verklaring hoewel hulle hartseer is oor haar heengaan, is hulle tevrede dat sy “terug by Allah” is.

Vroeër is berig Cassiem se familie weet nie waar sy die virus aangesteek het nie.

04 Apr. 22:19:46

04 Apr. 22:18:40

04 Apr. 21:47:18

Die provinsiale verdeling is soos volg:

Gauteng 693

Wes-Kaap 433

KwaZulu-Natal 232

Vrystaat 85

Noordwes 11

Mpumalanga 18

Limpopo 18

Oos-Kaap 25

Noord-Kaap 7

Onvolledig 63

Die totale getal COVID-19 toetse wat tot dusver gedoen is, is 53 937.

04 Apr. 21:42:41

Suid-Afrika het nou nege bevestigde sterftes wat verband hou met Covid-19.

04 Apr. 21:39:55

Die totale getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is tans 1 585. Dit is 80 gevalle meer as wat die vorige keer gerapporteer is.

04 Apr. 21:32:19

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.