Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Meer as 300 000 wêreldwyd het die virus
  • Suid-Afrika het 240 bevestigde gevalle.
  • Klik hier vir die jongste wêreldsyfers.

Volg Netwerk24 se dekking oor die uitbreking van Covid-19 hier.

21 Mrt. 23:36:51

Ramaphosa: 'Laat ons diep nadink en saamstaan' 

21 Mrt. 23:30:17

Meer as 300 000 het nou die virus

21 Mrt. 23:27:47

Soldate patrolleer Saterdag die strate van Milaan. Die hele Italië is in 'n staat van inperking. Foto: Reuters

21 Mrt. 22:58:12

Italië se sterftesyfer nou 4 825

Die dodetal in Italië het met 793 gevalle gestyg tot 4 825.

Dit is 'n toename van 19.6% — by verre die grootste daaglikse styging sedert die virus 'n maand gelede in die land begin versprei het.

Italië het China reeds Donderdag verbygesteek as die land waar die meeste mense reeds weens die virus omgekom het.

Die totale aantal gevalle in Italië is 53 578, sê die land se Burgerlike Berskermingsagentskap. 

Lees die volledige berig hier.
21 Mrt. 21:11:30

Getalle styg in W-Kaap: ‘Ons moet almal meer beslissend optree’

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Saterdag mense versoek om sterker pogings aan te wend om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

“As ons almal onsself daartoe verbind om meer beslissende maatreëls in ons eie lewens toe te pas, kan ons die verspreiding stop en weerlose mense teen die virus beskerm,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Dit volg nadat nog 18 mense in die provinsie positief vir Covid-19 getoets is.

Hoewel die provinsie nou ’n totaal van 74 Covid-19-positiewe mense het, was dit tot dusver net nodig om twee te hospitaliseer. 

Winde het op die nuwe syfer gereageer met: “Ons moet almal meer beslissend optree. Bly tuis as jy kan, en, as jy moet uitgaan, handhaaf ’n afstand van 1,5 m tussen jou en ‘n ander persoon. Ons moet volhou om gereelde hande te was en met goeie higiëne. As jy griepsimptome ondervind, bly tuis en soek raad voordat jy na ’n kliniek of dokter gaan”.

• Hy het mense met vrae oor die virus verwys na die nasionale noodnommer 0800 029 999. Die Wes-Kaap se provinsiale noodnommer is 021 928 4102.

Antwoorde op algemene vrae kan by www.westerncape.gov.za/coronavirus gevind word.

21 Mrt. 19:42:07

Visepresident van Amerika word getoets

Mike Pence, visepresident van Amerika, en sy vrou gaan getoets word vir die koronavirus (Covid-19), nadat een van sy personeellede gediagnoseer is.

21 Mrt. 19:39:03

36 Tsogo Sun-hotelle sluit tydelik

Moneyweb berig Tsogo Sun Hotels gaan 36 van sy hotelle tydelik sluit weens 'n gebrek aan besprekings te midde die koronavirus-uitbreking.

Minister Lindiwe Zulu vra om verskoning

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het om verskoning gevra vir 'n video wat sy op sosiale media geplaas het.

In die video is Zulu iewers in die openbare en praat op ligsinnige wyse oor hoe moeilik dit is om by die huis te bly.

21 Mrt. 17:00:30

Derde geval by die Universiteit van Kaapstad

Die Universiteit van Kaapstad het bevestig 'n derde personeellid het positief getoets vir die koronavirus.

21 Mrt. 16:47:25

Gerugte oor staat van inperking nie waar

Khusela Diko, woordvoerder van pres. Cyril Ramaphosa, sê gerugte dat 'n staat van inperking vanaand aangekondig word, is onwaar.  

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.