Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: SA syfer tans 927; binne dae 1 500 - Cyril
  • Die aantal korona-gevalle in Suid-Afrika het Donderdag op 927 te staan gekom. 
  • Meer as 500 000 mense is wêreldwyd met die virus besmet 

Volg Netwerk24 se dekking oor die jongste van die koronavirussiekte Covid-19 en sy gevolge hier.

Klap hande, klap hande!

In Brittanje kom mense om 20:00 uit hul huise om hande te klap ter ondersteuning van gesondheidsorgwerkers in die nasionale gesondheidstelsel (NHS). Prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, is tans in hul plattelandse woning Anmer Hall in Norfolk, maar het 'n kort video op hul sosialemediarekening geplaas waar hul kleingoed, prins George, prinses Charlotte en prins George, hande klap. 

26 Mrt. 22:29:07

'n Werker spuit 'n straat skoon in Nice, Frankryk, in 'n poging om die verspreiding van die koronavirus te vertraag. Foto: Reuters 

26 Mrt. 22:26:38

16-jarige dood aan korona

Altesaam 365 mense, onder wie 'n 16-jarige meisie, is die afgelope 24 uur in Frankryk dood aan die koronavirus. Dit is die hoogste sterftesyfer nóg in 'n dag sedert Frankryk verlede week 'n staat van inperking afgekondig het.

Jerome Salomon van die Franse gesondheidsdienste het aan Al-Jazeera gesê daar is al 1 696mense in hospitale aan die virus dood, maar dat dié syfer nie die sterfgevalle tuis en in tehuise vir bejaardes insluit nie. 

Volgens Salomon het 29 155 mense al positief vir die virus getoets, maar is die werklike syfer veel hoër aangesien net hoërisikopasiënte getoets word. 


26 Mrt. 22:21:25

Italië se sterftesyfer aangepas 

50 mense is die afgelope 24 uur in die Piedmont-streek in Italië dood. Dié sterftes is nie by die sterftesyfer van 662 ingesluit wat vroeër Donderdag uitgereik is nie. Die sterftesyfer in Italië was dus die afgelope 24 uur 712, het die burgerlike beskermingsagentskap aangekondig.


26 Mrt. 20:55:07

Belangrike nommers vir die volgende 21 dae

26 Mrt. 20:48:46

WêRELDWYE SYFER

Meer as 510 000 mense is wêreldwyd met die koronavirus gediagnoseer, volgens data wat die Johns Hopkins-universiteit versamel. Meer as 120 000 mense het al van die virus herstel, terwyl meer as 22 000 mense al aan die virus dood is. 

26 Mrt. 20:43:45

Mense by 5 kerkbyeenkomste in VS toets positief

Terwyl die Vrystaatse Covid-19-besmettingsyfer tot 49 gestyg het, het dit aan die lig gekom dat mense wat die laaste tyd by vyf Vrystaatse kerke se byeenkomste was, positief vir die virus getoets is.

Lees die volledige berig hier.
26 Mrt. 20:42:45

Cyril verklaar oorlog teen virus

Op die vooraand van Suid-Afrika se staat van inperking het pres. Cyril Ramaphosa diegene besoek wat hom gaan bystaan om die Covid-19-virussiekte te beveg.

Ramaphosa het Donderdagaand troepe van die Suid-Afrikaanse weermag by die Doornkop-weermagbasis in Soweto besoek om hulle voor te berei op hul taak.

Lees die volledige berig hier.
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Bheki Cele  |  Covid-19  |  Inperkings  |  Koronavirus  |  Suid-Afrika  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.