Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Syfers wys dalk nie ware omvang - Mkhize

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van die jongste verwikkelinge rakende die koronavirus (Covid-19).

HOOGTEPUNTE

  • Meer as 1 miljoen mense is reeds wêreldwyd met die koronavirus besmet
  • Die rand bly tuimel
  • Kommer omdat prentjie in townships duister is
  • Die sterftesyfer in Suid-Afrika het tot 9 gestyg en daar is nou 1505 bevestigde gevalle

Ministers verbonde aan ekonomiese sake het uitgebrei op die wysigings aan die regulasies vir die inperking:

Kyk hier na 'n nuuskonferensie van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Nomafrench Mbombo:

03 Apr. 20:45:10

Syfers wys dalk nie ware omvang - Mkhize

Die klaarblyklike afplatting in die infeksiekoers van Covid-19 die laaste paar dae weerspieël nie noodwendig die ware omvang van die pandemie in Suid-Afrika nie. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydag op ’n mediakonferensie by die Khayelitsha-hospitaal in die Kaapse metro bekend gemaak dat slegs 43 nuwe positiewe gevalle van Covid-19 aangemeld is.

Lees die volledige berig hier

Sterftesyfer styg tot 9

Die Nasionale Instituut vir Oordragbare Siektes (Nios) het bevestig dat die sterftesyfer op nege staan, nadat twee bykomende sterftes bevestig is.

03 Apr. 19:23:37

Kaapstad het Vrydag aangekondig dat die stadsraad die Strandfontein-sportsentrum geïdentifiseer het as die plek waar nagenoeg 2 500 hawelose mense gevestig sal word vir die res van die inperkingstydperk. 

Dit sluit in vyf kampe wat 500 mense elk sal kan huisves.  Foto: Jaco Marais

03 Apr. 19:07:56

Die jongste SA syfers:

* 1505 positiewe gevalle (43 meer)

* 7 bevestigde sterftes

* Nóg 2 sterftes moet bevestig word

03 Apr. 18:31:49

Die nuuskonferensie is verby.

03 Apr. 18:31:23

Selfoon-opsporing: Afgetrede regter Kate O'Regan monitor die proses

Lamola sê hy antwoord nie 'n spesifieke vraag nie, maar wil iets sê oor die wysiging wat Donderdag aangekondig is wat te doen het met die selfoon-opsporing van mense wat in kontak met besmettes kon gewees het.

Volgens hom sal 'n aangewese regter die proses monitor.

Ons het die voorreg dat 'n afgetrede regter van die konstitusionele hof ingestem het om dit te doen. Dit is afgetrede regter Kate O'Regan. Ons bedank haar.

03 Apr. 18:28:45

Ek het gerugte gesien dat mense in Limpopo gedwing is om in kwarantyn te gaan. Ek het tans nie veel inligting daaroor nie en kan nie uitwei nie.

Maar as iemand by die huis gemonitor kan word, is dit goed. As iemand positief toets en nie ernstige simptome het nie, sal die staat kwarantyn kan verskaf. Daarom het ons in alle provinsies verseker dat daar beddens beskikbaar in hospitale is.

As die simptome nie te erg is nie en mense in hul eie huise kan selfisoleer, het ons geen probleem daarmee nie. Ons sal oorneem as dit nie moontlik is nie. Dankie.

03 Apr. 18:27:56

Ons het reeds China se hulp gevra. Ons kyk ook na 'n ooreenkoms tussen die twee regerings om verkryging van voorraad te verseker. Ons het reeds 'n skenking van Jack Ma gekry.

03 Apr. 18:26:38

Ons het in dié stadium ook nog nie 'n probleem gehad met die beskikbaarheid van ventilators nie. Dit is omdat die staat en private sektor saamwerk. Ons het egter nog baie min mense gehad wat in waakeenhede behandel moet word. Maar wat ons in die res van die wêreld sien, is dat dit later nodiger sal raak. Daarom is ons nou besig om ons kapasiteit te vergroot. Ons bestel ook baie meer ventilators plaaslik en internasionaal. Ons het tans geen tekort nie. Ons ontspan egter nie, want ons weet dat die druk in die volgende weke sal kom. Daarom is ons besig om gereed te maak. Ons assesseer die situasie voortdurend.

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.