Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Bly tuis; ons staar 'n ramp in die gesig
  • Daar is tans 709 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
  • Meer as 450 000 gevalle van Covid-19 is al wêreldwyd aangemeld.
IN 'N NEUTEDOP:

Vir die volgende 21 dae mag jy nie:

  • Jou huis of erf verlaat nie, tensy jy ’n noodsaaklike diens moet verrig of bekom, ’n maatskaplike toelaag moet gaan haal, of in ’n mediese noodsituasie verkeer (’n ongevalle-pasiënt) of mediese behandeling vir ’n kroniese toestand moet ontvang.
  • Saamtrekke word verbied. Daar word voorsiening gemaak vir begrafnisse wat deur ’n maksimum van 50 mense bygewoon mag word. Nagwake word verbied.
  • Niemand mag tussen provinsies beweeg nie.
  • Niemand mag tussen stede of verskillende munisipale streke beweeg nie.
  • Alle ondernemings sal hul deure sluit, tensy hulle ingesluit word op die lys van noodsaaklike dienste.


Volg Netwerk24 se dekking oor die jongste van die koronavirussiekte Covid-19 en sy gevolge hier.

25 Mrt. 20:45:50

Inperking: Alles wat jy mag en nié mag nie

Oortreders van die staat van inperking se regulasies sal strafregtelik vervolg word. Jy kan tot ses maande tronkstraf gevonnis word, ’n boete opgelê word, of tot tronkstraf én ’n boete gevonnis word as jy die reëls oortree, het ministers Woensdag by die Uniegebou in Pretoria aangekondig. Die regulasies is Woensdag in die Staatskoerant gedruk.

Klik hier om die volledige artikel te lees.
25 Mrt. 20:19:52

Cele se hy wil byvoeg dat mense nie moet lieg nie en dat koerantopskrifte dit ook so moet weergee.

Mthembu sê die reëls en regulasies van die inperking is nou verduidelik. Al wat ons wil doen as regering in samewerking met alle belanghebbendes is om lewens te red en om Suid-Afrikaners teen die virus te beskerm en die verspreiding daarvan in bedwang te bring. Ons moet nie probleme skep nie. Dit is nie 'n polisie- of weermagaangeleentheid nie. Almal van ons moet saamwerk.

Die nuuskonferensie kom tot 'n einde. 

25 Mrt. 20:17:44

Dlamini-Zuma sê veral ouer mense is meer kwesbaar tydens die pandemie. Die regering wil daarom hê ou mense moet die nodige sorg kry. Dit is deel van die regulasies. Ouer mense wat sorg benodig is deel van die regulasies. Dit is omdat ons oor hulle bekommerd is. Dit word verduidelik. As jy vir die polisie sê dat jou ouer siek is, is dit deel van die regulasies. Dit is deel van noodsaaklike dienste vir ouers mense.

25 Mrt. 20:13:12

Lamola sê die pandemie is anders as gewoonlik. Daarom word noodsaaklike dienste in dié geval as iets heel anders beskou. Daarom is daar 'n lys kategorieë oor wat as dit geklassifiseer word.

25 Mrt. 20:12:28

Mthembu sê hy sal net een ekstra vraag toelaat oor wat 'n joernalis meen Cele nie geantwoord het nie. 

Die vraag gaan oor wat ondersteuningspersoneel in die media tydens die inperking moet doen. 

Mthembu val hom in die rede en se dit vraag word in die regulasies beantwoord.

Vicus Burger van Netwerk24 sê hy het 'n tweede vraag omdat mense aan die maatreëls wil voldoen. Kan iemand kos vir sy siek ma vat of haar dokter toe neem of inkopies vir haar wil gaan doen?

Mthembu sê almal moet mooi na mekaar luister. Hy vra Lamola om die vraag te beantwoord.

25 Mrt. 20:10:06

Die president en kabinet het die situasie ontleed en dit was duideliker dat strenger opgetree moet word om te verhoed dat ons gesondheidstelsel nie deur hemelhoë syfers oorweldig word nie.

Baie besef dit sal rampspoedig eindig as ons nie optree nie. Dit is net net die regering nie, maar almal se verantwoordelikheid, om die regte ding te doen.

Iemand het gesê wat sou gebeur as vir polisie gelieg word. Hoekom sou ons vir die polisie wil lieg? Ons moet vir ons almal se beswil die maatreëls baie ernstig opneem. As ons verenig is en saamwerk dink ek dat ons die Covid-1-virus kan oorwin. 

25 Mrt. 20:09:05

Mthembu sê die oproep word wêreldwyd gemaak dat mense by die huis moet bly om die verspreiding van die virus aansienlik te beperk. Ons is reeds by 709. Moet dit aangaan?

Motsoaledi: As mens na die vrae luister is dit asof mense 'n totale inperking verwag, maar dink dat die lewe soos normaal sal voortgaan. Dit sal nie kan nie, Dit sal nie 'n Sondagskool-piekniek wees nie.

Oor vlugtelinge in kerk in Kaapstad het ons gister 'n telekonferensie daaroor gehou met die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad. Ons prokureurs hanteer die kwessie. Ons wil niks verder daaroor sê nie. Ons mening is dat hulle in gemeenskappe geherintegreer word. As dit nie moontlik is nie, sal ons hulle moet deporteer na die DRK, Rwanda, Somalië, Ethiopië en Burundi. Ek het die hofuitspraak met drie ambassadeurs bespreek. Die ambassadeur van die DRK het gesê hy stem saam met dit. 

Dlamini-Zuma sê sy dink dit is belangrik vir almal om te besef dat ons 'n ramp in die gesig staar en vinnig moet optree om 'n katastrofe te vermy. 

25 Mrt. 20:06:01

Patel sê die regulasies kyk na die gesondheids- en ekonomiese aspekte. Ons moes daardeur toesien dat 60 miljoen Suid-Afrikaners landwyd soos een optree.

Ons het oral in die wêreld gaan kyk. Daar is nie 'n reëlboek nie. Hierdie is egter 'n buitengewone krisis wat wêreldwyd ervaar word. 

Lande wat streng maatreëls ingestel het, se besmettingsyfer het gedaal en hul ekonomieë het weer verbeter.

Die lande wat dit nie gedoen het nie, het die bittere gevolge gedra.  Ons wil dit vermy. Ons het baie mense met swak immuunstelsels.

Dinge kan baie erg vir ons raak. Die waarheid is dat die virus duisende wêreldwyd laat sterf. Dit beweeg al nader aan 20 000.

Ek het onlangs gelees dat Spanje ook nou meer sterfgevalle as China het. Dit maatreëls mag pynlik wees, maar dit is nodig. Dit is ongewoon vir 'n demokrasie. Ons het almal hard vir 'n demokrasie baklei, maar dit is net vir 21 dae. Nie vir langer nie.

Ons moet die boodskap uitstuur dat ons almal baie drastiese en moeilike aanpassings sal moet maak. Sommige gaan dit baie moeilik bevind, maar ons kyk wat ons kan doen om die nodige ondersteuning aan ondernemings te bied - soos koeriermaatskappye en watter noodsaaklikhede hulle kan vervoer dat mense nie te veel winkels toe kan gaan nie. 

Sigarette is nie 'n noodsaaklikheid nie. Ons is in die grootste gesondheidskrisis nog. Ons moet vinnig optree. Ons doen binne die volgende paar weke wat ons kan doen om die verspreiding van die virus te vertraag. 


25 Mrt. 19:55:21

Ons kan nie praat oor die ontvangers van maatskaplike toelaes en dan rondbeweeg om noodsaaklikhede te gaan koop nie. Ons moet kommunikasie tussen ons baie beter koördineer vir die beste oplossing daarvoor.

Ons kan ook nie wat nou gebeur vergelyk wat tydens apartheid gebeur het nie. Ons kan ook nie daaroor praat as ons nie weet wat het daardie tyd werklik gebeur nie.

25 Mrt. 19:54:11

Oor of die media en alle ondersteuningsdienste daarvoor steeds sal kan voortgaan met hul werk, sê Lamola die regulasies laat dit toe.

Zulu se sy het vroeër gesê dat haar departement nog sekere kwessies onder hulle moet bespreek. Ons wens ouers sal werklik die buitengewone omstandighede verstaan waaronder ons almal verkeer. Dit is 'n emosionele kwessie vir veral geskeide ouers. Maar ouers moet baie mooi dink hier. Net soos hulle gedeelde kinderregte het, het hulle ook gedeelde verantwoordelikhede teenoor die kind het. Dit is net vir 21 dae. Ons sal egter advies inwin oor hoe ons die kwessie kan benader. Maar dit lyk of die meerderheid Suid-Afrikaners die situasie waarin ons ons bevind verstaan en ons hoop almal sal ook die belange van hul kinders op die hart dra. 

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.