Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Vlak 3 - jy mag oefen, drink, maar steeds nie rook nie

IN 'N NEUTEDOP:

  • Die hele land word op 1 Junie oorgeskuif na vlak 3 van die staat van inperking.
  • Brandpunte sal elke twee weke gemonitor word; enige plek in die land kan terug op vlak 4 of vlak 5 van inperking geplaas word.
  • Geen tabakprodukte mag op vlak 3 verkoop word nie.
  • Die verkoop van alkohol sal volgens streng regulasies toegelaat word.
  • Mense sal kan oefen wanneer hulle wil.
  • Die dra van maskers in die openbaar en op openbare vervoer is verpligtend.

JONGSTE SYFERS IN SUID-AFRIKA:

  • Die getal bevestigde Covid 19-gevalle het van Saterdag met 1 240 tot 22 583 gestyg.
  • Die sterftesyfer het van Saterdag met 22 tot 407 gestyg. 
  • 128 mense word tans in waakeenhede vir Covid-19 behandel, 842 word in hospitale behandel. 
24 mei, covid 19


24 Mei 22:55:47

Winde verwelkom afskaal na vlak 3

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, sê in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondagaand hy verwelkom die afskaling na vlak 3, asook die koronoavirus-brandpuntplan.

Die plan, sê Winde, sal gebruik maak van gekombineerde regeringshulpbronne om die verspreiding van die virus te vertraag, weerloses te beskerm, en lewens te red. 

“Ons kan nie nou ons voet van die pedal afhaal nie, en, inteendeel moet ons nou harder as ooit tevore werk om die verspreiding van die virus te vertraag. Dit is hoekom dit nie sake soos normaalweg in die Wes-Kaap kan wees nie.

"Ons moet almal ons gedrag verander om lewens te red,” sê Winde. Hy voeg by dat, hoewel die meeste mense wel van die siekte sal herstel, mag ander, ook geliefdes, dit dalk nie oorleef nie.

“Ons moet die manier waarop ons lewe verander om hulle ook te beskerm,” sê die premier.

24 Mei 22:41:33

24 Mei 22:36:22

Altesame 719 mense betrokke by die land se tronke is nou al positief vir Covid-19 getoets.

Hiervan is 246 amptenare en 473 gevangenes, het die departement van korrektiewe dienste (DKD) Sondagaand gesê.  

Dit volg nadat die Wes-Kaap nog nege gevalle onder beamptes aangemeld het, en een in die Oos-Kaap.  

Die dood van 'n 50-jarige gevangene in Oos-Londen op 20 Mei 2020 is die jongste sterfgeval.

Intussen het 143 siekes reeds herstel.  


24 Mei 21:28:49

24 Mei 21:27:39

Jongste syfers in Suid-Afrika

Nuwe infeksies: 1 245

Nuwe sterftes: 22

24 Mei 21:26:15

24 Mei 20:52:41

24 Mei 20:52:16

Covid 19-brandpunte in SA elke 2 weke hersien

Gebiede waar daar meer as vyf Covid-19-gevalle per 100 000 inwoners is, word as koronavirus-brandpunte geklassifiseer. Hoewel dié gebiede vir eers op dieselfde vlak bly as ander dele van die land, gaan meer hulpbronne daar toegewys word om die verspreiding van die virus te bekamp en die nodige gesondheidsorg te verskaf.

Klik hier om die volledige berig te lees.
24 Mei 20:51:39

‘Verslapping tot vlak 3 gaan groot verligting bring

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die inperkingsregulasies in die hele land – selfs metropolitaanse gebiede met ’n hoë infeksiekoers – op 1 Junie tot vlak 3 verslap gaan word, gaan groot verligting vir die ekonomie bring.

Klik hier om die volledige berig te lees.
24 Mei 20:38:54

Verkoop van sigarette steeds verbode op vlak 3

Die verkoop van tabakprodukte sal steeds verbode wees op vlak 3 van die Covid-19 inperking, het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aangekondig.

Klik hier om die volledige berig te lees.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.