Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Só lyk jongste syfers in Suid-Afrika
  • Suid-Afrika het drie sterftes weens Covid-19, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand gesê. 
  • Die getal infeksies staan nou op 1 326.
  • Korona: Al jou vrae beantwoord

koronavirus, 30 maart, syfers, SA

30 Mrt. 22:52:39

Italië verleng sy staat van inperking

Die Italiaanse regering gaan sy nasionale staat van inperking teen die dodelik uitbreek van die koranavirus in die land verleng tot ná Paasfees.

Die staat van inperkings sou eerskomende Vrydag geëindig het. 

Hoewel die departement van gesondheid nie 'n datum gegee het nie, word Paassondag vanjaar op 12 April gevier. Italië is hoofsaaklik Rooms-Katoliek.

Die land is reeds drie weke lank in 'n staat van inperking, met die meeste winkels, kroeë en restaurante wat hul deure moes toemaak. Mense word slegs toegelaat om hul huise te verlaat om kos of medikasie te koop. - Reuters 


30 Mrt. 22:34:29

30 Mrt. 22:34:19

30 Mrt. 22:34:02

30 Mrt. 22:33:47

Hospitaal in Central Park in NY

'n Noodhospitaal word tans in Central Park in New York, Amerika, ingerig. Volgens Bill de Blasio, burgemeester van New York, sal die hospitaal reeds Dinsdag pasiënte kan begin inneem. Werk aan die noodhospitaal het Sondag begin. Die hospitaal het plek vir 68 beddens en sal help om die druk op hospitale in New York te verlig. Foto's: Getty Images 

30 Mrt. 22:29:27

Kerk lei daartoe dat siekte versprei

’n Groot kerkbyeenkoms meer as ’n maand gelede was die grootste bydraer tot die verspreiding van die nuwe koronavirus in Frankryk.

Die jaarlikse week lange byeenkoms van die Christian Open Door-kerk is op 18 Februarie in Mulhouse, ’n stad met sowat 100 000 mense, op dié land se grens met Duitsland en Switserland gehou.

Die kerk het wêreldwyd lidmate en duisende van hulle kom een keer per jaar byeen. Sowat 2 500 bevestigde gevalle van mense wat die virus onder lede het, is sedertdien met dié byeenkoms verbind, berig Reuters. 

Klik hier om die volledige berig te lees.
30 Mrt. 22:10:49

Suid-Afrikaners op groot skaal getoets – Ramaphosa

Suid-Afrika begin in die volgende paar dae met ’n uitgebreide veldtog om landwyd mense vir die korona-virus te toets. Só het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand in ’n televisie-boodskap aangekondig. Hy het ook gesê drie mense het nou al weens die Covid-19-virus gesterf, terwyl 1 326 mense in die land positief getoets is.

Klik hier om die volledige berig te lees.
30 Mrt. 22:09:46

Hef sigaretverbod op, vra tabakgroep

Die algehele verbod op die verkoop van sigarette tydens die staat van inperking moet dringend heroorweeg word omdat die verkope van onwettige sigarette landwyd net verder die hoogte in gaan skiet. Dit was die pleidooi Maandag van die Suid-Afrikaanse Tabaktransformasie-alliansie (Satta), op dieselfde dag dat brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, dit weer duidelik gemaak het dat die verbod op die verkoop van sigarette steeds vir die 21 dae van die staat van inperking geld.

Klik hier om die volledige berig te lees.
30 Mrt. 21:50:06

Die jongste syfers in Suid-Afrika

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.