Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: 11 in SA dood; Britse premier in hospitaal

Daar is wêreldwyd meer as 1,2 miljoen bevestigde gevalle van die Covid-19-virussiekte, volgens syfers van die Johns Hopkins-universiteit.

Die vyf lande met die hoogste besmettingsyfer is Amerika, Spanje, Italië, Duitsland en Frankryk.

China, waar die siekte in Desember verlede jaar uitgebreek het, beklee tans die sesde plek volgens data van Johns Hopkins. 

Daar is wêreldwyd reeds meer as 66 000 dood. 

  • Nog 674 mense is in Spanje dood
  • In Frankryk, Italië en Duitsland is die voorkoms van besmettings besig om af te neem
  • Honderd nuwe gevalle is in Tokio, Japan, aangemeld
  • In Suid-Afrika is 11 mense aan Covid-19 dood
  • Daar is tans 1 655 bevestigde gevalle in Suid-Afrika van mense wat positief vir die virus getoets het.
covid-19, syfers, 5 april 2020
covid-19, syfers, 5 april 2020

05 Apr. 19:32:38

Begin die gety in Italië draai?

525 mense is die afgelope 24 uur in Italië dood, die laagste sterftesyfer die afgelope twee weke in die land. 

Die syfer is aansienlik laer as die rekordgetal van 969 sterftes wat op 27 Maart aangemeld is. 

15 362 mense is volgens die Johns Hopkins-universiteit reeds in Italië dood weens die koronavirus. 

05 Apr. 18:20:35

Weermag se mediese dienste vra hulp van private gesondheidswerkers 

Die mediese dienste van die weermag het Sondag 'n beroep op private gesondheidswerkers gedoen om hulle tydens die Covid-19-pandemie by hom aan te sluit.  

Die weermag het in ’n verklaring gesê hy is tans besig met aktiverings om die verspreiding van die virus te bekamp.

Die aktiverings sal tot 23 Junie vanjaar duur. "Die gesondheidsdienste versterk en hergroepeer sy mediese kapasiteit nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n nasionale ramptoestand verklaar het,” lui die verklaring. 

Die weermag vra onder meer dat dokters, verpleegpersoneel en kliniese personeel hulle by hom moet aansluit.

05 Apr. 17:58:22

20 miljoen werksgeleenthede in Afrika op die spel

Sowat 20 miljoen werksgeleenthede is in Afrika op die spel soos die kontinent se ekonomieë vanjaar sal krimp weens die impak van die koronavirus-pandemie. 

Dít is volgens 'n studie van die Afrika-Unie, berig Reuters. 

Volgens die studie - Impact of the coronavirus on the Africa economy - sal die werksverliese in die formele en informele sektor voorkom. 


Klik hier om die volledige artikel te lees.
05 Apr. 16:24:51

464 Covid-infeksies in Wes-Kaap

Daar is 464 bevestigde Covid-19-infeksies in die Wes-Kaap, het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Sondag in 'n verklaring gesê. 

05 Apr. 16:20:30

Eerste sterfte in Ethiopië

Die eerste sterfte van 'n Covid-19-pasiënt in Ethiopië is Sondag aangemeld. 

Die 60-jarige vrou is sedert 31 Maart in Addis Ababa behandel, het Lia Tadesse, minister van gesondheid, Sondag gesê. 

Daar is 43 bevestigde gevalle van die virussiekte in die land. Vier mense het al herstel. - Reuters 


05 Apr. 16:10:24

Dodetal in Brittanje styg verder

Die dodetal weens die koronavirus het Saterdag 4 April met 621 tot 4 934 in Brittanje gestyg, het die departement van gesondheid Sondag bekend gemaak. 

195 524 mense is al vir die virus getoets. 47 806 mense het positief getoets. 


05 Apr. 14:53:26

Groep boere uit kwarantyn ná Duitsland-besoek
’n Groep boere en amptenare van die Oos-Kaap is uit kwarantyn nadat hulle Duitsland as deel van ’n afvaardiging van die departement van grondhervorming en landbouontwikkeling besoek het.
Die groep van tien boere en nege amptenare was ná hul terugkeer 15 dae lank in kwarantyn in Oos-Londen en het almal negatief getoets vir die koronavirus.
Die groep het opgeleiding gekry oor landbou en voedselsekerheid in Duitsland.

Lees die volledige berig hier
Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.