Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Meer as 1 miljoen het koronavirus

IN 'N NEUTEDOP:

• Meer as 1 miljoen mense is reeds wêreldwyd met die koronavirus besmet 

• Bevestigde gevalle in Suid-Afrika: 1 462 

• 44 202 tot dusver in Suid-Afrika getoets

• Wêreldwyd is daar nou reeds meer as 50 000 dood weens die koronavirus 

Lees ook: Regering sal Covid-gevalle se selfone nagaan

Besoek die regering se webtuiste https://www.gov.za/Coronavirus vir belangrike kontakbesonderhede.

treine, treinspore, metrorail, kabels

Hier is die jongste verwikkelinge:

02 Apr. 22:05:31

OPSOMMEND

Wêreldwyd is meer as 'n miljoen mense met Covid-19 gediagnoseer, terwyl die dodetal die 50 000-merk verbygesteek het.

204 000 mense het reeds van die virussiekte herstel, volgens data van die gesaghebbende Johns Hopkins-Universiteit.

In Spanje het die dodetal Donderdag die 10 000-merk verbygesteek en in die VSA is 5 315 mense in een dag dood.

In Frankryk het die sterftesyfer ook skerp gestyg nadat 884 sterftes in verpleegsentrums bygetel is. 5 387 mense is reeds in dié land dood.

In New York het Andrew Cuomo, goewerneur van New York, gesê die stad het nog ses dae se voorraad ventilators teen die huidige tempo waarteen dit  in hospitale gebruik word.

Hy het op sy daaglikse nuuskonferensie gesê daar is nou 92 381 koronagevalle in die staat New York. Die sterftesyfer is nou 2 373 teenoor Woensag se 1 941.  

02 Apr. 21:53:09

Die infeksiesyfer het Donderdagaand die 1 miljoen-merk verbygesteek. Meer as 50 000 mense is ook al wêreldwyd dood, volgens die Johns Hopkins-Universiteit. 

02 Apr. 21:42:32

‘Ek het nie geld om huis toe te kom, óf hier te bly nie’

’n Suid-Afrikaner wat in Viëtnam gestrand is, weet nie hoe hy in April sy huur gaan betaal nie. “Ek het nie geld om ’n vliegtuigkaartjie huis toe te koop, of langer as die maand in Viëtnam te bly nie,” het Craig Jordan (55) Woensdag aan News24 gesê. Hy is ses maande in die land.

Klik hier om die volledige storie te lees.
02 Apr. 21:41:17

LUISTER: Covid-19 - Groot kommer oor ventilators

Die omvang van probleme in Suid-Afrika se gesondheidsektor is baie duidelik te sien in die tekort aan ventilators en ander toerusting, sê prof. Alex van den Heever, gesondheidsekonoom verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand. 

Klik hier om na ons potsending te luister.

02 Apr. 20:46:03

Wysigings verstaanbaar, maar verhoog Covid-19-risiko

Die verslapping van ’n paar van die streng regulasies van die staat van inperking sal die nasionale geïntegreerde maatreëls vir die bekamping van Covid-19 verbeter.

Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal die betrokke wysigings die toepassing van die regulasies beter verduidelik, terwyl die wese van die inperkingsmaatreëls behoue bly.


Klik hier om die volledige berig te lees.
02 Apr. 20:45:18

Regering sal Covid-gevalle se selfone nagaan

“Ons leer nog soos wat ons aangaan”.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag gesê die regering leer uit sy foute soos wat die inperkingstyd aanstap.

Daarom sal die regering voortgaan met wysigings aan die regulasies sodat mense wat in kontak was met besmette mense, opgespoor kan word.

Sy was een van die vyf ministers wat Donderdag in Pretoria terugvoering gegee het oor die huidige ramptoestand in die land weens die uitbreking van die Covid-19-virus.

Klik hier om die volledige berig te lees.
02 Apr. 20:39:27

Suid-Afrikaners in die buiteland en buitelanders in SA

Suid-Afrikaners wat in baie ander lande gestrand is en wat wil terugkom huis toe, en buitelanders wat in die land gestrand is en na hul lande wil terugkeer, sal toegelaat word om dit te doen. Dit sal 'n eenmalige gebeurtenis wees en nie aanhoudend gebeur nie.

02 Apr. 20:38:43

Begrafnisse

Lamola: Oor families met meer as 50 lede, is dit in belang van daardie familie om net 50 mense by die begrafnis toe te laat om die blootstelling aan die virus te verklein. Families moet dit onderling uitsorteer.

Moslem-familielede wat wil reis na begrafnisse kan hul saak by 'n landdros of polisiebevelvoerder stel wat sal verstaan hoe Moslem-begrafnisse werk.

Die doel is om gesonde afstand tussen mense te verseker. 

Meer oor:  Koronavirus  |  2 April 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.