Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Rekordgetal registreer vir inentings in Noord-Kaap

Die Noord-Kaap het binne die eerste week wat mense van 35 jaar en ouer vir Covid-19-inentings kon registreer, ’n rekordaantal mense aangeteken wat aangetree het om ingeënt te word.

Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, het Dinsdag gesê 29 783 mense het verlede week by inentingslokale opgedaag.

“Ons is absoluut verheug hieroor. Dit beteken ook dat 97 522 mense sedert Februarie al in die provinsie ingeënt is.”

Dit sluit in gesondheidswerkers, onderwysers en polisielede.

Maruping Lekwene, LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, kyk hoe 'n inwoner van Delportshoop Saterdag ingeënt word. Foto: Verskaf

Inwoners van Kimberley het Maandag in groot getalle by die verskillende entstoflokale opgedaag.

By die Harmonie-tehuis in Belgravia het die gesondheidspersoneel omtrent bontgestaan, maar die dag het goed verloop en almal is flink gehelp.

Maruping Lekwene, LUR vir gesondheid, het Dinsdag toesigbesoeke gedoen waar die personeel van die departement vir maatskaplike ontwikkeling ingeënt word.

Hy sal ook Donderdag met toesigbesoeke voortgaan waar personeel van die departement vir korrektiewe dienste ingeënt sal word.

Majaha sê die departement is baie bly dat die daaglikse inentingsyfer van 3 528, vir die week van 5 tot 11 Julie, tot 5 957 vir die week van 12 tot 18 Julie gestyg het.

“Ons nuwe doelwit is om 10 000 mense per dag in te ent.”

Daar is meer as 90 permanente en tydelike entstoflokale in die provinsie, wat deur die gesondheidsdepartement en private instansies beheer word.

Majaha sê die departement het ook hierop uitgebrei deur verafgeleë gebiede op ’n weeklikse basis te besoek om mense hier die geleentheid te bied om ingeënt te word.

“Ons wil graag inwoners in dié gebiede aanmoedig om op die hoogte te bly van die weeklikse skedule wat deur die departement op sosiale media bekend gemaak word.”

Lekwene het ook ’n beroep op inwoners van die Noord-Kaap gedoen om so gou moontlik op die elektroniese datastelsel vir inentings (EVDS) te registreer, maar vra dat mense nie moet wag vir ’n afspraak-SMS nie en net by hul naaste lokaal opdaag nadat hulle geregistreer het.

“Die LUR het ’n opdrag aan al die plekke gegee dat hulle mense moet help wat instap.”

Ons wil graag inwoners in dié gebiede aanmoedig om op die hoogte te bly van die weeklikse skedule wat deur die departement op sosiale media bekend gemaak word.

Inwoners van Upington het Maandag gekla dat hulle by die Gordonia-hospitaal weggewys is.

Majaha het Maandagaand gesê dat die probleem dadelik aandag sal kry.

“Die departement onderneem om enige stappe te doen om hierdie virus te stuit en huiwering oor die entstof uit die weg te ruim deur aan almal die geleentheid te bied om sonder probleme toegang tot die entstof te kry.”

Lekwene het sy opregte dank aan gesondheidswerkers uitgespreek wat die enorme taak aangepak het om die entstof toe te dien.

Hy het ook die lede van die publiek wat reeds geregistreer het en ingeënt is, bedank.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Inentings  |  Registreer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.