Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Reservate dalk gebruik as isolasie-geriewe
Die Zithabiseni-vakansieoord by die Mabusa-natuurreservaat.

Die regering in Mpumalanga sal dalk R3,2 miljoen ’n maand moet opdok vir die natuurreservate wat hy as isolasiegeriewe wil inspan.

Dumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het Maandag bevestig dat vyf reservate geïdentifiseer is wat gedurende die Covid-19-pandemie gebruik kan word.

Dit is die Andover-natuurreservaat, die Manyeleti-natuurreservaat, die SS Skosana-natuurreservaat, die Kromdraai-kamp in die Songimvelo-natuurreservaat en die Zithabiseni-vakansieoord by die Mabusa-natuurreservaat.

Malamule sê dat die reservate ingespan sal word as verblyf vir pasiënte wat positief getoets is vir die virus, maar weens beperkings nie hulself kan isoleer nie.

“Dit sal pasiënte wees wat simptome het, maar stabiel is. Pasiënte wat erge simptome toon of kritiek is, sal steeds in hospitale behandel word,” sê Malamule.

Hy sê hulle het hierdie besluit geneem “sodat ons nie ander pasiënte se lewe in gevaar stel nie”.

“Ja, ons het genoeg mediese geriewe, maar die risiko is net te groot as mense met die siekte byvoorbeeld na ’n kliniek toe moet gaan.”

Malamule sê daar sal 24 uur van die dag verpleegpersoneel by die reservate wees.

Hoewel onderhandelinge steeds aan die gang is, sê Kholofelo Nkambule, woordvoerder van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA), dat hulle reeds ’n voorlegging aan die departement gemaak het. Die parke is die verantwoordelikheid van die MTPA.

Volgens Nkambule is die geraamde koste vir die gebruik van die geriewe R3,2 miljoen per maand.

“Dit sluit nie spyseniering in nie aangesien al die reservate, behalwe Zithabiseni, selfsorgeenhede het.

"Ons is besig om bykomende kosteberekeninge vir die verskaffing van spyseniering te doen nadat die departement van gesondheid dit aangevra het,” sê Nkambule.

“Dit is alles steeds onderhewig aan verdere besprekings met die departement. Dit wat ons hier doen, gaan nie net oor kosteverhaling nie, maar is die MTPA se bydrae tot die land se pogings om die pandemie te beveg.”

Die MTPA sal ook die koste van bykomende personeel verhaal.

Die Manyeleti-natuurreservaat.
Die SS Skosana-natuurreservaat.
Die Andover-natuurreservaat.
Die Kromdraai-kamp in die Songimvelo-natuurreservaat.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.