Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Rolene bekommerd oor broer en skoonsus in China
Rolene Strauss en haar jonger broer, Johann, het nog altyd ’n goeie verhouding gehad, sê hul ma, Theresa.Foto: Instagram
Rolene Strauss se broer Johann en sy vrou, Ina, is in hul woonstel in China gestrand.Foto: Facebook/Rolene Strauss

Rolene Strauss vra in ’n inskrywing op sosiale media dat almal saam met haar vir haar broer en sy vrou in China bid.

Dié voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld het Vrydag op sosiale media gesê haar hart is seer oor haar jonger broer, Johann, en sy vrou, Ina, wat weens Covid-19 in China gestrand is.

Haar ma, Theresa Strauss, het aan Netwerk24 gesê hulle het nog altyd ’n goeie broer-en-suster-verhouding gehad. Rolene tree soos ’n “tipiese ousus” teenoor Johann op, sê sy.

Volgens haar praat die familie danksy tegnologie bykans elke dag met Johann en Ina. Hoewel haar hande soms afgekap voel en sy na haar seun verlang, bemoedig die familie die jong paartjie in dié oproepe.

Hulle is al sowat vyf jaar saam en is verlede jaar in Februarie getroud. Volgens Theresa is dit ’n verligting om te weet dat hulle saam in China is.

Albei het aanvanklik skool gegee in die land, maar het sowat twee jaar gelede hul eie uitvoeronderneming daar begin. Theresa sê hul grootste bekommernis is die finansiële impak wat die virus op hul onderneming gaan hê aangesien baie ondernemings in China tot stilstand gekom het.

“Hulle is bekommerd oor hul onderneming wat stilstaan. Hulle voer na Suid-Afrika uit.”

Theresa sê die twee het baie voorsorgmaatreëls wat hulle tref. Hulle bly in hul woonstel, dra maskers, ry alleen in hysbakke, dra handskoene en gebruik nie openbare vervoer nie.

Theresa sê sy besef dit is veiliger daar as om op ’n vliegtuig te klim en huiswaarts te keer. Die twee was verlede jaar in Desember in Suid-Afrika.

Lees ook: Coronavirus: Rolene Strauss se broer vasgekeer – hy praat uit China met HG

Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios), sê daar is nog geen gevalle van die virus in Suid-Afrika aangemeld nie.

Reuters berig die dodetal weens die virus het tot meer as 2 100 gestyg en meer as 74 000 mense is met die virus besmet.


Meer oor:  Korona-Virus  |  Rolene Strauss  |  China  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.